2026-voorkeurbesprekings vir ATKV-lede oop

ATKV-oorde vergemaklik u vakansie-ervaring met gesinsvriendelike wegbreke by enigeen van ons sewe oorde wat u, as lid, boonop die vergunning gee om vooruit te bespreek.
ATKV-lede kan vanaf 1 Augustus 2025, soos oudergewoonte, hul besprekings vir die skoolvakansie in Maart 2026 en die Paasnaweek in April 2026 doen.
Om die voorkeurbesprekingsproses egter so vlot as moontlik te laat verloop, bring ons graag die volgende aspekte onder ons lede se aandag:
- Die voorkeurbesprekingsperiode vir lede word tot die eerste 14 dae van Augustus 2025 beperk. Lede sal slegs 14 dae vanaf 1 Augustus 2025 hê om te bespreek. Vanaf 15 Augustus 2025 word besprekings vir die algemene publiek oopgestel. Besprekings kan vanaf 07:00 die oggend op 1 Augustus 2025 gemaak word.
- Besprekings vir kampering of verblyf vir die Paasnaweek by enige ATKV-oord kan vir ’n minimum van vier nagte gedoen word, met die uitsondering van ATKV-Drakensville, waar besprekings vir ’n minimum van drie nagte gedoen kan word. Paasnaweek is van Donderdag 2 April 2026 tot Maandag 6 April 2026.
- Ongelukkig sal geen besprekings in persoon by die ATKV-hoofkantoor of enige van die ATKV-oorde gemaak kan word nie.
- Lede moet asseblief ook kennis neem dat die #RekUit-depositobeleid vir voorkeurbesprekings steeds geld. Meer inligting oor die skedules is hier.
- Deur te bespreek, bevestig u dat u aan alle bepalings en voorwaardes, sowel as die oordreëls sal voldoen.
- Voorkeurbesprekings kan ook nou aanlyn op die ledeplatform gemaak word. Neem asseblief kennis van die volgende wanneer u aanlyn bespreek:
- Lede kan van 1 tot 14 Augustus 2025 aanlyn bespreek vir die skoolvakansie in Maart 2026 en die Paasnaweek in April 2026.
- Dit geld vir alle oorde. Vir ATKV-Hartenbos sal verblyf slegs aanlyn (asook telefonies) bespreek kan word. Besprekings vir kampering sal egter slegs telefonies gemaak kan word.
- Indien u aanlyn bespreek:
- Mag u slegs EEN eenheid of staanplek bespreek.
- Kan u NIE ’n spesifieke eenheid/staanplek kies NIE, slegs ’n eenheidstipe of kampeerstaanplekblok.
- Is die deposito van 10% van die besprekingswaarde onmiddellik betaalbaar, slegs vir 1 en 2 Augustus 2025. Daarna val dit terug na 50% van die besprekingswaarde, soos met gewone aanlyn besprekings.
- Om teleurstelling te voorkom, word u aangemoedig om vooraf seker te maak dat u geregistreer is en toegang tot die aanlyn ledeplatform het wanneer u aanlyn bespreek. Indien u onseker is of hulp nodig het, skakel gerus ons ledesake-afdeling by 011 919 9000.
- Inbel- en e-posbesprekings (slegs e-posaansoeke soos ontvang vanaf 07:00 op 1 Augustus 2025) word aanvaar, maar inbelbesprekings sal voorkeur geniet.
- As u inbel en bespreek:
- Kan u u eenheid/staanplek kies.
- Mag u slegs EEN eenheid of staanplek bespreek.
- Is die deposito van 10% van die besprekingswaarde volgens die #RekUit-skedule betaalbaar.
- U kan enige van die onderstaande nommers skakel om te bespreek:
- ATKV-Buffelspoort – 014 572 1000
- ATKV-Drakensville – 036 438 6287
- ATKV-Eiland Spa – 015 386 8000
- ATKV-Goudini Spa – 023 349 8100
- ATKV-Hartenbos – 044 601 7200
- ATKV-Klein-Kariba – 014 736 9800
- ATKV-Natalia – 031 916 4545
- Sentrale besprekingskantoor – 011 919 9092
Ons waardeer u samewerking in hierdie verband. Moenie hierdie geleentheid misloop nie – skakel ons vanaf 1 Augustus 2025 en bespreek u gesinsvriendelike wegbreke by een van ons sewe pragoorde!
Ons sien uit om u by een van ons asemrowende vakansieoorde te verwelkom.