ATKV-Buffelspoort bied meer as net puik geriewe
ATKV-Buffelspoort pronk nie verniet met ’n Lilizela-toekenning nie. Hulle is ook al aangewys as die nasionale wenner in die viersterkategorie: woonwa en kampering en ná een besoek aan dié spogoord kan ’n mens sien hoekom.
Dit is ’n klipgooi weg vir Gautengers, en voor jou GPS behoorlik warm word, bereik jy al jou bestemming. Die wooneenhede is ’n fees vir die oog – netjies, skoon en stylvol.
Die woonwapark is lieflik en die ablusieblokke silwerskoon. Die staanplekke ruim met genoeg koelte.
Een van die grootste pluspunte van ATKV-Buffelspoort is beslis die ontspanningsgeriewe wat so naby aan mekaar is – ’n lekkerte vir ouers wat wil weet waar hul bloedjies is en geen ver gestappery tussen die swembad en restaurant nie.
En vir diegene wat die gemak van die oord wil verlaat, is daar die Van Galen-kaasfabriek, asook die Bauhaus-brouery vir die mense wat dors raak ná ’n lang dag se aktiwiteite. Warmlugballonritte is ook beskikbaar.
Kom maak nou ’n draai voor die winter begin byt. Bespreek hier en gun jouself die rus wat jou toekom. Ons het boonop ’n hele paar aanloklike aanbiedinge beskikbaar.
ATKV-lede: Maak oordbesprekings teen die ledetarief – alles is op die nuwe aanlyn ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/.
*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.