ATKV-DigiKuns: 2025-wenners bekend!

Die ATKV het vanjaar hul sesde digitale kunskompetisie, met die tema “seisoene”, geloods. Vier seisoene kenmerk ons jare en som die mens se lewe treffend op. Ouma en Oupa is in die herfs van hul lewe en sommige ouetehuise heet selfs Huis Herfsblaar. Kinders wat hul lewensreis begin, is weer in die lente van hul lewe.
Seisoene sluit ook jaarlikse hoogtepunte in, soos die Desembervakansie en ’n yslike draairoomys op die strand wat die somer verteenwoordig. Die winter is weer bekend vir sy stomende potte sop, met ’n kraakvars vetkoek daarby. In die lente begroet kleurvolle blomme jou – die kaleidoskoop blare wat grond toe val, is ’n sieraad van die herfs.
Die beoordelaars het in die volgende kategorieë wenners vir elke kunsmedium aangewys.
Illustrasie: Potlood, houtskool of pensketse
Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Lienke Koekemoer
Tema van kunswerk: Die sonneblom, my sonneblom straal van somer!
Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Karla Deschamps
Tema van kunswerk: Lente en somer is verby
Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Phiané Oosthuizen
Tema van kunswerk: Lente in die winterhart
Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Leandré-Leigh Lamprecht
Tema van kunswerk: Roulette…
Ouderdomskategorie: 21 tot 24 jaar
Pippa Nortjé
Tema van kunswerk: Summer serenade…
Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Wilmarie Coetzee
Tema van kunswerk: Lenteblomme, geel wonder
Senior burgers: 60 jaar en ouer
Marinda Nell
Tema van kunswerk: Rondomtalie-seisoene
Skilder: Akrielverf, waterverf of olieverf
Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Alex du Plessis
Tema van kunswerk: Verandering
Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Kara van der Merwe
Tema van kunswerk: Paddastoele van Januarie tot Desember
Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Phiané Oosthuizen
Tema van kunswerk: Wanneer lente roep
Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Kelsey-Jane Allison
Tema van kunswerk: Oupa en Ouma deel spesiale memories, Memory Lane
Ouderdomskategorie: 21 tot 24 jaar
Ciska Calitz
Tema van kunswerk: Whispers of the Seasons
Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Jennifer Liebenberg
Tema van kunswerk: Lentelig…
Senior burgers: 60 jaar en ouer
Petro Fouché
Tema van kunswerk: Karnaval Fouché
Collage
Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Jana Roodt
Tema van kunswerk: Asemrowend mooi!
Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Cara van der Walt
Tema van kunswerk: Winter
Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Marietjie Stassen
Tema van kunswerk: Seisoene van geloof, hoop en liefde
Beeldhouwerk
Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Anika Voges
Tema van kunswerk: Spekkies se nuwe winterjassie
Fotografie
Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Franco Erasmus
Tema van kunswerk: Sal voorsien, sal voorsien
Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Sarah Stanley
Tema van kunswerk: Bome in ’n ry
Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Phiané Oosthuizen
Tema van kunswerk: Die stil seisoen…
Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Wicus Swanepoel
Tema van kunswerk: Herfswonders, blare
Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Annette Densum
Tema van kunswerk: Verwagting
Oorspronklike digitale illustrasie
Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Mia Harris
Tema van kunswerk: Kinders van seisoene, seisoene van lewe
Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Phiané Oosthuizen
Tema van kunswerk: Balans in herfs
Ouderdomskategorie: 21 tot 24 jaar
Bianca Heunis
Tema van kunswerk: Lentekroon…
Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Mariaan du Plooy
Tema van kunswerk: Tulpe in Bellville, stadstoneel
Gemengde media
Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Lené Potgieter
Tema van kunswerk: ’n Winderige herfsdag
Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Marline Olivier
Tema van kunswerk: Seisoen van Lino
Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Ella du Toit
Tema van kunswerk: Seisoene van die lewe
Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Inge Vermaak
Tema van kunswerk: Kronomorfose…
Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Tanja van Biljon
Tema van kunswerk: Seisoene van ’n hart
Die kykerskeuse-wenners is aangewys na aanleiding van reaksie op die kunswerke op die ATKV se Facebook-blad – hier is die uitslae in die onderskeie mediums en kategorieë.
Kunsmedium |
Ouderdomskategorie |
Naam en van |
Tema van kunswerk |
Illustrasie: Potlood, houtskool, of pensketse |
21 tot 24 jaar |
Pippa Nortjé |
Summer serenade... |
Skilder, verf, akriel, waterverf of olieverf |
13 tot 16 jaar |
Christiaan Schlebusch |
Velde van goud in die somersonsak |
Gemengde media |
17 tot 20 jaar |
Ancha Roos |
Wintermuis, muis in die winter wat warm bly |
Fotografie |
17 tot 20 jaar |
Wicus Swanepoel |
Skoonheid, my suster |
Oorspronklike digitale illustrasie |
13 tot 16 jaar |
Phiané Oosthuizen |
Balans in herfs |
Collage |
5 tot 8 jaar |
Amory Beukes |
Vier seisoene-kind, seisoene |
Baie geluk aan elke deelnemer en wenner. Hou jou oor op die grond vir die sewende ATKV-DigiKuns-kompetisie!