ATKV-DigiSkryf 2023: Dié skrywers seëvier
ATKV-DigiSkryf gee vir skrywers van oraloor die geleentheid om hul talent ten toon te stel en boonop die kans te staan om ’n boekprys los te slaan. Hul pennevrugte word ook op die ATKV se webwerf en sosiale media gepubliseer.
Vanjaar se kompetisie het weereens groot belangstelling uitgelok en heelwat inskrywings is ontvang. Die beoordelaars is dit eens dat daar wonderlike verhale ontvang is wat nog verder uitgebou kan word vir groter leesgenot, en dat elkeen wat ingeskryf het, nie moet ophou skryf nie sodat hulle hul talent nog verder kan slyp.
Uiteindelik is wenners in sewe kategorieë aangewys – die kategoriewenners is bepaal deur kreatiwiteit en oorspronklikheid te beoordeel, terwyl die aanwending van die tema, taalgebruik en sinskonstruksie, sowel as die trefkrag van die skrywe se slot ook ’n rol gespeel het in die puntetoekenning.
DigiSkryf 2023 se temas was:
- Spore
- Die lekkerste lekker
- My grootste held
Die wenners van DigiSkryf 2023 is:
Graad of ouderdom
|
Deelnemer
|
Tema
|
Onderwerp
|
Instansie
|
Simbool
|
Graad 4 en 5
|
Shekinah Summer Pieters |
Spore
|
|
Privaatskool Cum Laude
|
B
|
Graad 6 en 7
|
Wehann Snyman
|
Spore
|
|
Laerskool Anton van Wouw |
A
|
Graad 8 en 9
|
Anke Pretorius
|
Spore
|
Cambridge Academy Witbank |
A+
|
|
Graad 10 tot 12 |
Marlé van der Merwe |
Spore
|
|
Hoërskool Jim Fouché |
B
|
Studente
|
Johané Snyders |
Spore
|
Noordwes-Universiteit |
A+
|
|
Volwassenes (25 tot 59 jaar) |
Bertha Lewis
|
Spore
|
|
Privaat inskrywing
|
A+
|
Senior burgers (60 jaar en ouer) |
Ina Kleynhans
|
Spore
|
|
Privaat inskrywing |
B
|