ATKV-DigiTaal: Hier is die wenners!

Taalboffins van regoor die land het hulle slag kom wys in die ATKV se taaltoets wat digitaal afgelê word en waarvan die vrae gewissel het na gelang van die graadkategorie en skoolkurrikulum van die betrokke graad.
Kennis oor basiese spelling, lees- en skryftekens, meervoude, los- of vasskryf van woorde, weetwoorde, uitdrukkings, segswyses en taalkonvensies is getoets.
Die toptaalkenners is bepaal deur die hoeveelheid korrekte antwoorde. Indien twee deelnemers gelykop geëindig het, is die totale tyd waarin die antwoorde verskaf is, gebruik om die beter taalkenner te bepaal.
Deelnemers het oor die algemeen baie goed gevaar.
Die wenners in elke kategorie is soos volg:
|
Kategorie |
Taal |
Deelnemer |
Instansie |
Persen-tasie |
Tyd |
1 |
Graad 3 |
Afrikaans Huistaal |
Yolandi Hanlien van Tonder |
Hoërskool President Steyn |
92.00% |
00:18:09:200 |
2 |
Graad 4 |
Afrikaans Huistaal |
Lika Claassens |
Primêre Meisieskool Oranje |
100.00% |
00:03:11:280 |
3 |
Graad 5 |
Afrikaans Huistaal |
Melienke Vermaak |
Moria Tuisonderrig |
100.00% |
00:02:49:117 |
4 |
Graad 6 |
Afrikaans Huistaal |
Carine Röntgen |
Laerskool Olifantsvallei |
93.33% |
00:05:59:307 |
5 |
Graad 7 |
Afrikaans Huistaal |
Ané le Roux |
Laerskool Unika |
100.00% |
00:03:51:327 |
6 |
Graad 7 |
Afrikaans Eerste Addisionele Taal |
Abigail Cullen |
Cambridge Witbank |
92.00% |
00:04:25:987 |
7 |
Graad 8 en 9 |
Afrikaans Huistaal |
Monet Meyer |
Sekondêre Meisieskool Oranje |
100.00% |
00:04:30:537 |
8 |
Graad 10 tot 12 |
Afrikaans Huistaal |
Rianette Kemp |
Hoërskool Jim Fouche |
92.50% |
00:06:44:633 |
9 |
Graad 10 tot 12 |
Afrikaans Eerste Addisionele Taal |
Marissa de Coning |
Hoërskool Eric Louw |
94.29% |
00:03:29:323 |
10 |
Volwassenes |
Afrikaans Huistaal |
Lizanne Dippenaar |
Hoërskool Ermelo |
87.50% |
00:05:10:523 |