ATKV-lidmaatskap: Maak ’n verskil en word beloon

Anne Frank het in haar wêreldbekende dagboek geskryf: “Niemand het nog ooit armer geword deur te gee nie”. Anne se woorde lê die ATKV na aan die hart en ATKV-lede behoort ook daarby aanklank te vind – as gewaardeerde lede van die ATKV wat R115 per maand of R1 250 per jaar gee om by ons ’n kultuurtuiste te vind, verryk ATKV-lede derduisende mense se lewens, omdat lede ons in staat stel om die Afrikaanse taal en kultuur deur middel van verskeie projekte te bevorder.
Volgens Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, is elke lid se bydrae van onskatbare waarde en dit is waarom die organisasie so hard werk om ekstra ledevoordele vir sy lede te beding.
“Ons glo dat die grootste voordeel wat lede geniet is om rustig te wees in die wete dat ons namens jou die Afrikaanse taal en kultuur op nasionale vlak bevorder en aan jou die geleentheid bied om in die pret te deel!
“Maar ons besef ook in die uitdagende ekonomiese tye waarin die wêreld hom bevind en beurtkrag wat die hele Suid-Afrika verlam, is tasbare voordele baie welkom, en as dit boonop help om geld te spaar of vir jou en jou gesin geleenthede gee om te ontspan, des te beter.”
Soos baie mense reeds weet, is ATKV-lede geregtig op voorkeurbesprekings by enige van die ATKV se sewe vakansieoorde. ATKV-lede kwalifiseer ook vir afslag. Om tariewe sakpas en mededingend te maak, is daar vir ATKV-lede ’n spesiale lidtariefstruktuur. Gaan loer gerus op ATKV-Oorde se webtuiste om te sien hoeveel geld jy gaan spaar.
Dit is egter nie al nie. Die ATKV beding deurlopend kultuurvoordele – soos byvoorbeeld spesiale afslag op produksies, musiekaande en ander aktiwiteite – vir sy lede, wat gewoonlik vir beperkte tye geld. Jy kan ook uitsien na ’n gratis boek elke jaar en om die beste interne tydskrif in die land (soos aangewys deur die Suid-Afrikaanse Publikasieforum), Taalgenoot, te ontvang. Glad nie te versmaai nie!
Die ATKV maak nie net ander se hande sterk deur opbouende en inspirerende projekte nie, maar vat ook graag hande met strategiese vennote om die beste voordele vir sy lede te beding.
Hier is die voordele in kort:
- Afslag op jaarintekening by Jou Afrikaans: Op soek na Afrikaanse rolprente, reeks en musiek van toeka tot nou? Dan is JA beslis die stroomdiens vir jou.
- Afslag by Studiemeester™: As jy elke aand swoeg om die kinders met hul huiswerk te help, word ’n ATKV-lid, want so kry jy toegang tot ’n innoverende leerderondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid gee om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit.
- As jy wyn vir die (huiswerk-)pyn benodig, is afslag op aankope by Frater Family Wines
- Niks loop so lekker saam soos ’n glas Shiraz Mourvèdre Grenache van Frater Family Wines-landgoed en ’n lekker boek nie. Die ATKV-het vir lede ’n heerlike afslag op boeke by Exclusive Books beding.
- Benewens hierdie voordele het die ATKV dit ook goedgedink om sy lede by te staan met noodsaaklikhede soos bekostigbare begrafnisdekking by AVBOB; motor- en huisinhoudversekering by Auto & General en toegang tot AA-voordele en mediese ondersteuning deur CASI.
- Laaste maar nie die minste nie – Tjiengelieng is nie net die klank wat die geld maak wat jy gaan spaar met al die voordele nie. Tjiengelieng word toegeken aan ATKV-lede wat ’n buitengewone bydrae lewer tot die uitbou van ons missie en visie, veral vir aktiewe betrokkenheid by ATKV-takke. Tjiengelieng kan by ATKV-oorde aangewend word. Een Tjiengelieng is gelyk aan R1-afslag.
As ATKV-lid gaan jy beslis nie armer word deur ’n lid te word nie; inteendeel, jy gaan ’n verskil vir Afrikaans en vir ander maak en boonop die verskil ook op jou bankstaat sien. ’n Wen-wensituasie, sou ons sê.
Om vandag nog aan te sluit as lid, besoek https://atkv.org.za/sluit-aan/, stuur ’n e-pos aan ledesake@atkv.org.za, of skakel 011 919 9000.
Ons kan nie wag om jou by ’n ware kultuurtuiste te verwelkom nie.