ATKV-oorde: Voorkeurbesprekings oop
ATKV-lede kan nie net uitsien na ’n heerlike wegbreek by een van die ATKV se sewe spogoorde nie, maar nou eerste kans kry om hul besprekings vir Maart/April en die Paasnaweek in 2022 te maak.
Lede kan vanaf 1 Augustus, soos oudergewoonte, vir vookeurbesprekings in aanmerking kom. Om die voorkeurbesprekingsproses egter so vlot as moontlik te laat verloop, bring ons graag die volgende aspekte onder ons lede se aandag:
Die voorkeurbesprekingsperiode vir lede word tot die eerste 14 dae van Augustus beperk. Lede sal slegs 14 dae vanaf 1 Aug. 2021 hê om te bespreek. Vanaf 15 Augustus 2021 word besprekings oopgestel vir die algemene publiek. Besprekings kan vanaf 07:00 op 1 Augustus 2021 gemaak word.
Om u en ons personeel se gesondheid te beskerm, sal geen besprekings in persoon by hoofkantoor of by enige van die oorde gemaak kan word nie.
Lede moet asseblief ook kennis neem dat die #RekUit-depositobeleid vir voorkeurbesprekings steeds geld. Meer inligting oor die skedules is hier beskikbaar: #RekUit by ‘n atkv-oord | ATKV-Oorde (atkvoorde.co.za).
Voorkeurbesprekings kan ook nou aanlyn op die ledeplatform (https://lede.atkv.org.za/) geskied. Neem asb. kennis van die volgende wanneer u aanlyn bespreek:
Lede kan van 1 tot 14 Augustus aanlyn vir Maart/April 2022 bespreek.
Dit geld vir alle oorde, behalwe Hartenbos.
As u aanlyn bespreek:
- U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek
- Kan u NIE ʼn spesifieke eenheid/staanplek kies NIE, slegs ʼn eenheidstipe of kampeerstaanplekblok.
- Is die deposito 50% van die besprekingswaarde, dieselfde as met gewone aanlynbesprekings.
- Lede word aangemoedig om vooraf seker te maak, om spyt te voorkom, dat indien u aanlyn gaan bespreek, u geregistreer is en toegang het op die lede-aanlynportaal. Indien u onseker is of hulp nodig het skakel gerus ons ledesake-afdeling by 011 919 9000.
Weens COVID-19-regulasies, word inbel- en e-posbesprekings aanvaar, maar inbelbesprekings sal voorkeur geniet.
As u inbel en bespreek:
- Kan u u eenheid/staanplek kies.
- U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek
- Werk die deposito volgens die #RekUit-skedule.
U kan enige van die onderstaande nommers skakel om te bespreek:
ATKV-Buffelspoort – 014 572 1000
ATKV-Drakensville – 036 438 6287
ATKV-Eiland Spa – 015 386 8000
ATKV-Goudini Spa – 023 349 8100
ATKV-Hartenbos – 044 601 7200
ATKV-Klein-Kariba – 014 736 9800
ATKV-Natalia – 031 916 4545
Sentralebesprekingskantoor – 011 919 9092
Ons sien uit om u by een van ons asemrowende vakansieoorde te verwelkom.