ATKV-Sêr 2025: Magnetiese wenners bekroon!

Nasionale sêrmentors Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes vanjaar hul kreatiewe kompas aanskakel om die wenners van die 2025 ATKV-Sêrkompetisie aan te wys te danke aan jong talentvolle sêrgroepe wat die verhoog laat vlamvat het met hul magnetiese energie en kragtige klankgolwe.
Niemand anders nie as die Hoërskool Garsfontein met hul tema, “Die Fratse”, het daarin geslaag om die beoordelaars met hul magnetiese harmonieë en elektriese toneelaanwesigheid te oorrompel en is as die nasionale ATKV-Sêrwenners aangewys.
Die ATKV-Sêrfinaal het op 6 Oktober 2025 in die Pam Golding Baxter-teater in Kaapstad plaasgevind. ’n Magneet van kreatiwiteit, klank, beweging en humor, verweef met kwinkslae van die akteur en komediant Solomon Cupido as seremoniemeester, het gesorg vir ’n onvergeetlike, magnetiese ATKV-Sêrervaring.
Magnetiese sêrgroepe van regoor Suid-Afrika het vanjaar aan die ATKV-Sêrkompetisie deelgeneem en die topvierproduksies is na die nasionale finaal genooi.
Hier volg ’n volledige lys van wenners tydens ATKV-Sêr 2025 se nasionale finaal:
Die beste hantering van tegniese aspekte: Die Hoërskool Parel Vallei met hul tema, “St(ê)r”.

Die beste musikaliteit: Die Hoërskool Zwartkop met hul tema, “Jedi-oefenkamp”.

Die beste nuwe komposisie: Die Hoërskool Parel Vallei met hul lied “Ruimtereis”.

Die beste produksie en wenner van R20 000, asook die ATKV-Sêrwisseltrofee: Die Hoërskool Garsfontein met “Die Fratse”.
Wil jy meer oor ATKV-Sêr weet? Klik gerus hier.