ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 1 se wenners bekend

Die 58ste ATKV-Tienertoneel het vandeesweek in Gauteng afgeskop toe 258 dapper tieners hul stories op die UNISA Little Theatre verhoog in Pretoria kom vertel het.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat elke produksie deur mentorbeoordelaars, wat sterk is in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, na afloop van elke optrede saam met die tieners koppe krap oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die Gauteng-streeksfees vanaf 25 tot 30 Julie was Solomon Cupido, Mari Molefe van Heerden, Pietie Beyers en Zenobia Kloppers.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ʼn spogprysuitdeling op 30 Julie bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
Nadia Meyer | Helpmekaar Kollege | Skottel vol ape |
Hannah Pheiffer | Midstream College | Die Muse |
Die beste klankoperateur tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
Daphne Erasmus | Midstream College | Die Muse |
Nico Vermaak | Helpmekaar Kollege | Skottel vol ape |
Hendre Pretorius | Helpmekaar Kollege | Vrot |
Megan Payne | Helpmekaar Kollege | ’n Einde |
Die beste beligtingsoperateur tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
Zoë Marais | Helpmekaar Kollege | Vrot |
Megan Payne | Helpmekaar Kollege | ’n Einde |
Die beste verhoogbestuurder tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Soos op papier | Helpmekaar Kollege |
Vrot | Helpmekaar Kollege |
’n Einde | Helpmekaar Kollege |
Die Muse | Midstream College |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die eerste Gauteng-streeksfees gaan aan:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies
Julian Robinson as Konstabel Oteldonk | Helpmekaar Kollege | Vrot |
Brendan Kruger as Baba Beer | Helpmekaar Kollege | Skottel vol Ape |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Zoe Beetge as die Huishoudster | Midstream College | Die Muse |
Johane Fritz as Gouelokkies | Helpmekaar Kollege | Skottel vol Ape |
Jenne Volschenk as Pappa Beer | Helpmekaar Kollege | Skottel vol Ape |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
Vian Singleton as Benjamin | Helpmekaar Kollege | ’n Einde |
Lehan Kruger as Sersant Kwakkernaak | Helpmekaar Kollege | Vrot |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Ansie du Plesis as Regisseur | Helpmekaar Kollege | Skottel vol Ape |
Zonika de Vries as Amy | Helpmekaar Kollege | ’n Einde |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner
Zonika de Vries as Amy | Helpmekaar Kollege | ’n Einde |
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
Vrot | Helpmekaar Kollege |
Die Muse | Midstream College |
Skottel vol Ape | Helpmekaar Kollege |
’n Einde | Helpmekaar Kollege |
Die beste ensemble tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
Eghard Basson | Helpmekaar Kollege | Vrot |
Linda van Niekerk | Helpmekaar Kollege | ’n Einde |
Die beste regisseur tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Die prysuitdeling word deur ’n pragaand van die streeksfeesfinaliste se mooiste stories voorafgeloop.
Die streeksfeesfinaliste tydens die eerste Gauteng-streeksfees, wat vir hul plekke in die nasionale finaal moes meeding, is as volg:
Die Muse | Midstream College |
Vrot | Helpmekaar Kollege |
’n Einde | Helpmekaar Kollege |
Skottel vol Ape | Helpmekaar Kollege |
Die derdeplekwenner van hierdie streek is:
Die Muse | Midstream College |
Die naaswenner is:
Vrot | Helpmekaar Kollege |
Die beste produksie tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:
Wenproduksie

ATKV-Tienertoneel is hierdie week weer in Pretoria by die UNISA Little Theatre vir Gauteng se tweede streeksfees, asook in Durban by Kuswag Skool om die dreunend dapper tieners in KwaZulu-Natal se werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel