ATKV-Tienertoneel: Gauteng-streeksfees 2-wenners bekend!
Die 59ste ATKV-Tienertoneel is verlede week weer in Gauteng voortgesit. Daar het 396 tieners hul stories grensloos op die UNISA Little Theatre se verhoog in Pretoria kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede met mentorbeoordelaars, wat hul merk maak in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, in ’n tweerigtingsgesprek tree oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die tweede Gauteng-streeksfees vanaf 31 Julie tot 5 Augustus was Solomon Cupido, André Lotter, Mari Molefe van Heerden en prof. Marié-Heleen Coetzee.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 5 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
1. |
Joshua Vermeulen en Marko Labuschagne |
Die Uile |
Hoërskool Nylstroom |
2. |
Andrea du Plessis |
Dierepubliek |
Hoërskool Wilgerivier |
3. |
Kean Jooste |
ISKARIOT |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste klankoperateur tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
1. |
Minke Meyer |
ISKARIOT |
Hoërskool Noordheuwel |
2. |
Dylan Karsten |
Tussen die lang grasse |
Hoërskool Hugenote Springs |
3. |
Kaylee Posthumus |
WASSIE EKKIE |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste beligtingsoperateur tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
1. |
Maya Meyer |
Hokke |
Hoërskool Oosterlig |
2. |
Theana Cloete en Tuane Claassen |
ISKARIOT
|
Hoërskool Hugenote Springs |
3. |
Kirsten Lea |
My meisie se ou se meisie |
Hoërskool Nelspruit |
4. |
Liza Stoltz |
Halleluja, Amen! |
Hoërskool Eldoraigne |
Die beste verhoogbestuurder tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Liza Stoltz |
Halleluja, Amen! |
Hoërskool Eldoraigne |
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
1. |
ISKARIOT |
Hoërskool Noordheuwel |
2. |
GROOTMENS |
Helpmekaar Kollege
|
3. |
Tussen die lang grasse |
Hoërskool Hugenote Springs |
4. |
NIE-TIENÊR |
Hoërskool Hugenote Springs |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die tweede Gauteng-streeksfees gaan aan:
Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
1. |
Lehan Kruger as Wolf |
GROOTMENS |
Helpmekaar Kollege |
2. |
Timmy Smith as Rikus |
Eerste Liefde |
Hoërskool Secunda |
3. |
Rohann Schultz as Kobus |
My meisie se ou se meisie |
Hoërskool Nelspruit |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
1. |
Carli Claassen as Frieda |
Eerste Liefde |
Hoërskool Secunda |
2. |
Lenadri Groenewald as Figuur 4 |
ISKARIOT |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Carli Claassen as Frieda |
Eerste Liefde |
Hoërskool Secunda |
Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
1. |
Vian Singleton as Luan |
GROOTMENS |
Helpmekaar Kollege |
2. |
Dillan Bach as Louw |
Tussen die lang grasse |
Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
1. |
Zonika de Vries as Greta |
GROOTMENS |
Helpmekaar Kollege |
2. |
Juandri Fourie as Magrieta |
Eerste Liefde |
Hoërskool Secunda |
3. |
Nikita Meyer as Aneke |
Tussen die lang grasse |
Hoërskool Hugenote Springs |
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
1. |
GROOTMENS |
Helpmekaar Kollege |
2. |
ISKARIOT |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste ensemble tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste regisseur
Die beste regisseur tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste produksie
Die beste produksie tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
ATKV-Tienertoneel is hierdie week (7 tot 12 Augustus) in Bloemfontein by die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein, asook vanaf 9 tot 12 Augustus in Gqeberha om die grenslose tieners se werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel