ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 3 se wenners bekend

Die 58ste ATKV-Tienertoneel is dreuend dapper. Hierdie week het 356 dapper tieners hul stories in die UNISA Little theatre in Pretoria op die verhoog vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat elke produksie deur mentorbeoordelaars, wat sterk is in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, na afloop van elke optrede saam met die tieners koppe krap oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens Gauteng se derde streeksfees vanaf 15 tot 20 Augustus was Prof. Marie-Heleen Coetzee, Solomon Cupido, Pietie Beyers en Marie Molefe van Heerden.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ʼn spogprysuitdeling op 20 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
Meah Enslin | Tiener in die Suburbs | Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria |
Aneri Davel | Na ’n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Die beste klankoperateur tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner
Meah Enslin | Tiener in die Suburbs | Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria |
Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
Kean Jooste | Na ’n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Dylan Karsten | Lelieblomlaan | Hoërskool Hugenote Springs |
Dillan Bach | Jon(g)ker | Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste beligtingsoperateur tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner
Dylan Karsten | Lelieblomlaan | Hoërskool Hugenote Springs |
Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
Leandrie Rossouw | Staar Wors | Die Hoërskool Rustenburg |
Emiléne Maritz | Tiener in die Suburbs | Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria |
Kayla van Wyk | Lelieblomlaan | Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste verhoogbestuurder tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Sad Girl Musiek | Hoërskool Eldoraigne |
Oberon | Hoërskool Zwartkop |
Na ’n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Jon(g)ker | Hoërskool Hugenote Springs |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die derde Gauteng-streeksfees gaan aan:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Jordan Human | Huis Amen | Hoërskool Eldoraigne |
Franco Cillié | Tiener in die Suburbs | Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria |
Henlo Meyer | Lelieblomlaan | Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Timieke van Rooyen | Tiener in die Suburbs | Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria |
Corinne-Mari van Hoogdalen | Na 'n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Nikita Meyer | Lelieblomlaan | Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner
Nikita Meyer | Lelieblomlaan | Hoërskool Hugenote Springs |
Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
Zander Plomp | Huis Amen | Hoërskool Eldoraigne |
Edrich Mussman | Oberon | Hoërskool Zwartkop |
Ulrich Slabbert | Lelieblomlaan | Hoërskool Hugenote |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Nadia Meintjies | Wees | Hoërskool Sasolburg |
Karli Marais | Na 'n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Lenay Rossouw | Sad Girl Musiek | Hoërskool Eldoraigne |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
Trippie na Tzaneen | Hoërskool Die Wilgers |
Tiener in die Suburbs | Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria |
Na 'n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Die Vreemde Verdwyning van Vettie Baker by die Hervormde kerkbasaar op Naboomspruit | Hoërskool Noordheuwel |
Die beste ensemble tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
Mariki de Villiers-Knop | Na ’n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Armand Rossouw | Sad Girl Musiek | Hoërskool Eldoraigne |
Die beste regisseur tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Die prysuitdeling word deur ’n pragaand van die streeksfeesfinaliste se mooiste stories voorafgeloop.
Die streeksfeesfinaliste tydens die derde Gauteng-streeksfees, wat vir hul plekke in die nasionale finaal moes meeding, is as volg:
Oberon | Hoërskool Zwartkop |
Na 'n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Trippie na Tzaneen | Hoërskool Die Wilgers |
Sad Girl Musiek | Hoërskool Eldoraigne |
Die derdeplekwenner van hierdie streek is:
Oberon | Hoërskool Zwartkop |
Die naaswenner is:
Na 'n ander aarde | Hoërskool Noordheuwel |
Die beste produksie tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Wenproduksie

ATKV-Tienertoneel is hierdie week in Rondebosch by die Baxter theatre vir die Wes-Kaap se tweede streeksfees, asook weer hier in Pretoria by die UNISA Little theatre om die dreunend dapper tieners in Gauteng se vierde streeksfees se werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel