ATKV-Tienertoneel: Jong toneeltalent blom in die Rosestad!

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie het vanjaar ongeag talle uitdagings in Bloemfontein begin.
165 deelnemers het met hul kreatiwiteit en selfdissipline kom spog en beoordelaars Gerben Kamper, Marijda Kamper, Zenobia Kloppers en Wilhelm van der Walt beïndruk.
Gerben wat vanjaar sy 50ste jaar in die industrie vier en weens die pandemie twee jaar laas op die verhoog was, is vol lof vir ons tieners en bestempel hul talent en deursettingsvermoë as ’n hoopvolle pasaangeër vir ons land se teatertoekoms.
Mentorsessies deur die paneel het produksiespanne meegevoer en teater is gemaak, gevier en ontwikkel om die volhoubaarheid in die industrie te verseker.
Vir die eerste keer in ATKV-Tienertoneel se 57ste bestaan vereer die ATKV ook nou toppresteerders in verskeie kategorieë tydens elke streeksfees.
Die wenners is soos volg:
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die Bloemfonteinstreeksfees is …
|
as |
in die produksie |
deur |
Zander Oberholzer |
Brucie |
Neer Daal die Reën |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
Die beste aktrise in ’n hoofrol is …
as |
in die produksie |
deur |
|
Bohlale Malimane |
Busisiwe |
Vierdoop |
Eunice High School |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die Bloemfonteinstreeksfees is
as |
in die produksie |
deur |
|
Eckard van Heerden |
Alpha |
Hoe maak mens? |
Grey Kollege Bloemfontein |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is …
as |
in die produksie |
deur |
|
Lucy Groenewald |
Mariki |
Vierdoop |
Eunice High School |
Die beste ensemble van die Bloemfontein-streeksfees is …
met die produksie |
|
Eunice High School |
Vierdoop |
Die beste hantering van tegniese aspekte is …
met die produksie |
|
Hoërskool Jim Fouché |
Dra Ma |
Die beste verhoogbestuurder is…
in die produksie |
deur |
|
Xander de Jager |
Dra Ma |
Hoërskool Jim Fouché |
Die beste klankoperateur tydens die Bloemfonteinstreeksfees is …
in die produksie |
deur |
|
Duan Maritz |
As die trein kom |
Hoërskool Witteberg |
Die beste beligtingsoperateur tydens die Bloemfonteinstreeksfees is …
in die produksie |
deur |
|
Rianette Kemp |
Dra Ma |
Hoërskool Jim Fouché |
Die beste regisseur tydens die Bloemfonteinstreeksfees is …
met die produksie |
deur |
|
Isabel Theron |
Dra Ma |
Hoërskool Jim Fouché |
TOP 3-PRODUKSIES
In die derde plek is …
As die Trein Kom van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem.
***
Die naaswenner van die Bloemfonteinstreeksfees is …
Dra Ma van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein.
***
Die beste produksie van die Bloemfonteinstreeksfees is …
Vierdoop van Eunice High School in Bloemfontein.
Prysuitdeling
Kyk na die volledige prysuitdeling van die ATKV-Tienertoneel Bloemfonteinstreeksfees hier: