ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfees 1 se wenners bekend
Die 58ste ATKV-Tienertoneel is dreuend dapper. Hierdie week het 103 dapper tieners hul stories in die Kunstekaap in Kaapstad op die verhoog vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat elke produksie deur mentorbeoordelaars, wat sterk is in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, na afloop van elke optrede saam met die tieners koppe krap oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die Wes-Kaap se eerste streeksfees vanaf 16 tot 20 Augustus was Jacques Bessenger, Ludwig Binge en Marijda Kamper.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ʼn spogprysuitdeling op 20 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Hou jou BEK! | Hawston Sekonder |
Wilder | Hoërskool Melkbosstrand |
5678 | Hoërskool Parel Vallei |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees gaan aan:
Wenner
Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Vernon Johan (VJ) Bassett as Pa | Operasie Kersfees | Die Hoërskool DF Malan |
Paul Strydom as The Choreographer | 5678 | Hoërskool Parel Vallei |
Heinrich Henning as Oupa | Operasie Kersfees | Die Hoërskool DF Malan |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Ingrid Klopper as Barbie | Operasie Kersfees | Die Hoërskool DF Malan |
Nina Strydom as Mevrou Wivve Du Toit | 5678 | Hoërskool Parel Vallei |
Anja Goosen as Janet en die Burgemeester | Alice in Brakpan | Hoërskool Outeniqua |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Talia Roux as Magdaleen | (kant) lynstaan | Hoërskool Parel Vallei |
Doline Havinga as Stefanie | (kant) lynstaan | Hoërskool Parel Vallei |
Zané Habig as Getruida Aletta van Helsdrift | 5678 | Hoërskool Parel Vallei |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
Operasie Kersfees | Die Hoërskool DF Malan |
5678 | Hoërskool Parel Vallei |
Hou jou BEK! | Hawston Sekonder |
Die beste ensemble tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
Margo Kotze en Ian van der Westhuizen | Operasie Kersfees | Die Hoërskool DF Malan |
Darryl Spijkers | 5678 | Hoërskool Parel Vallei |
Die beste regisseur tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Die prysuitdeling word deur ’n pragaand van die streeksfeesfinaliste se mooiste stories voorafgeloop.
Die streeksfeesfinaliste tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees, wat vir hul plekke in die nasionale finaal moes meeding, is as volg:
(kant) lynstaan | Hoërskool Parel Vallei |
Operasie Kersfees | Die Hoërskool DF Malan |
5678 | Hoërskool Parel Vallei |
Die derdeplekwenner van hierdie streek is:
(kant) lynstaan | Hoërskool Parel Vallei |
Die naaswenner is:
Operasie Kersfees | Die Hoërskool DF Malan |
Die beste produksie tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenproduksie
ATKV-Tienertoneel is hierdie week in Rondebosch by die Baxter theatre vir die Wes-Kaap se tweede streeksfees, asook in Pretoria by die UNISA Little theatre om die dreunend dapper tieners in Gauteng se vierde streeksfees se werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel