Dié rieldansgroepe dring deur na kwarteindronde
Dis weer daardie tyd van die jaar wat rieldansgroepe stof opskop om uiteindelik deur te dring na die finaal van die ATKV-Rieldanskompetisie.
Twee streeksfeeste is reeds gehou en die finaliste wat deurdring na die kwarteindronde is soos volg:
Tydens die eerste streeksfees in Parow is daar nie wenners aangekondig nie, maar slegs die groepe wat na die volgende ronde deurdring:
o.14's:
Uitsig Stoftrappers (Uitsig, Kaapstad);
Ronwe Rieldansers 2 (Paarl);
G.B. Batt Akkedissies (Die Koo); en
Weskus Stoftrappers
o.20's
Clanfresh Vastrappers;
Boland Vastrappers; en
Uitsig Rieldansers
Tydens die tweede ATKV-Rieldansstreeksfees het 500 deelnemers en toeskouers die Hexvallei in rep en roer gehad.
Altesaam tien groepe het deurgedring na die kwarteindronde op Saterdag 25 Augustus in Vredendal.
o.14's
Prins Albert Vastrappers;
Net vir Pret Rieldansers (Barrydale);
Plett Rieldansers (Kranshoek);
GB Batt Askoeke (Die Koo); en
Biesie Trappers (Kranshoek)
o.20's
Bitou Losvoet Trappers (Kranshoek);
Kuierkraal Rieldansers (Laingsburg);
Kouebokkeveld Sneeutrappers (Kouebokkeveld)
Net vir Pret Rieldansers 2 (Barrydale); en
Prins Albert Vastrappers