DigiSkryf 2025-wenners bekend

ATKV-DigiProjekte het ten doel om kreatiwiteit en vaardighede aan te wakker, en die aanlyn aard daarvan beteken enigiemand kan deelneem, ongeag waar in die land – of die wêreld – jy jou bevind.
ATKV-DigiSkryf 2025 het deelnemers uitgenooi om in verskeie kategorieë skryfstukke met die volgende temas in te dien:
- Hartsdinge
- Lag met ’n traan
- My superheld
Die beoordelaars meen vanjaar se deelnemers het oor die algemeen heerlike verhale opgetower, alhoewel die vertelstyl soms gehinder het met geleenthede waar die skrywer eerder kon “wys” as “vertel”. Hulle beveel aan dat skrywers hul stories só vertel dat die leser meelewing kan ervaar wanneer hulle dit lees. Nog ’n blitswenk in hierdie verband is om die lydende vorm te vermy, aangesien die gevoel van onmiddellike gebeure hierdeur verhinder word.
Vanjaar se DigiSkryf-wenners is:
Graad of ouderdom |
Deelnemer naam en van
|
Tema
|
Onderwerp
|
Instansie
|
Simbool
|
Graad 4 en 5 |
Lene van Zyl
|
My superheld
|
Straaltjie, die superkatjie
|
Unicorn Preparatory School |
A++
|
Graad 6 en 7 |
Milan Potgieter |
Lag met ’n traan |
Die glimlag agter tralies
|
Laerskool Randhart |
A+++ |
Graad 8 en 9 |
Kaera-Lee Eksteen
|
Hartsdinge |
’n Tiener wat onseker is oor wie sy is |
Privaat |
A+ |
Graad 10 tot 12 |
Nanette Jordaan
|
Hartsdinge |
Hartkoppig |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
A++ |
Studente |
Marli Viljoen
|
Lag met ’n traan |
Gesamentlik apart |
IIE Vega School Pretoria |
A+ |
Volwassenes (25 tot 59 jaar) |
Liz-Marié van der Westhuizen
|
Hartsdinge
|
Breek dan die mure
|
|
A++ |
Senior burgers (60 jaar en ouer)
|
Louisa Kaldenberg
|
Hartsdinge
|
Die vaas uit Delft
|
|
A+++
|
Hartlik geluk aan al die wenners!
Al die wenskrywes word op die ATKV se digitale platforms gedeel* en wenners word ook met boekpryse beloon. Volg die ATKV op sosiale media om op die hoogte te bly van ATKV-gebeure.
*Die wenskrywes is gepubliseer soos die ATKV dit ontvang het. Dit is nie geredigeer of taalversorg nie.