GEKIES VIR DIE KOLLIG SEISOEN 5 IS HIER!
Hier in die bruisende hart van Rosebank, Johannesburg, ontmoet ons vanjaar se top-8-ATKV-DigiToneelfinaliste – elkeen ’n unieke bron van talent, passie en storiekrag.
Met die tema “magneties” beloof hierdie nuwe seisoen van Gekies vir die Kollig om jou aandag te trek en jou vas te hou – soos net rou waarheid en jong kreatiwiteit kan.
Seisoen 5 skop op 29 Oktober af en word Woensdae-aande om 18:00 uit op DStv-kanaal 147 (VIA) uitgesaai.
Vanjaar se reeks het vyf episodes – en hierdie keer wag daar ’n verrassende wending in die laaste een!
WAT IS ‘GEKIES VIR DIE KOLLIG’?
Die ATKV se DigiToneel-platform bied sedert 2020 aan hoërskoolleerders die kans om hul eie monoloë te skryf, regisseer en verfilm – ’n ware viering van jong skrywers en akteurs se skeppingsdrif.
Uit honderde inskrywings word net agt finaliste gekies. Hulle ontvang mentorskap van vier van Suid-Afrika se top film- en teatermakers, wat saam met hulle werk om hul produksies vir kamera te verfyn.
Maar dis nie al nie ... hierdie jaar is daar ’n vyfde episode met ’n verrassende uitdaging wat 15% van die finale punt bepaal. Dit gaan alles oor spanwerk, aanpasbaarheid en skeppingsvernuf – en dis waar dinge régtig begin vibreer!
DIE SPANNE EN HUL MENTORS
Ontmoet vanjaar se finaliste en hul mentors.
Span in episode 1 op 29 Oktober: Mentor: Jacques Bessenger
Zanje Bodenstein (Hoërskool Die Wilgers, Pretoria)
Ethan Bester (Hoërskool Randburg, Johannesburg)
Span in episode 2 op 5 November: Mentor: Marlo Minaar
Moya Erasmus (Hoërskool Die Wilgers, Pretoria)
Eduard de Villiers (Hoërskool Franschhoek, Franschoek)
Span in episode 3 op 12 November: Mentor: Hannah Borthwick
Nina Strydom (Hoërskool Parel Vallei, Somerset-Wes)
Keagan Cooper (Hoërskool Noordheuwel, Krugersdorp)
Span in episode 4 op 19 November: Mentor: Lindsey Abrahams
Liné Allen (Hoërskool Noordheuwel, Krugersdorp)
Janru Steenkamp (Hoërskool Durbanville, Durbanville)
Die wenner stap weg met ’n R10 000-kontantprys en die ATKV-DigiToneeltrofee, wat op 26 November tydens die finale episode toegeken word.
KYKERS KAN OOK WEN!
Wil jy saam deel wees van die magnetiese energie?
Beantwoord eenvoudig die kykersvraag teen 1 November en staan ’n kans om R5 000 kontant te wen!
👉 Klik hier om deel te neem
DIE STEM AGTER DIE REEKS
Die gewilde akteur, komediant en aanbieder Solomon Cupido lei kykers met humor, warmte en insig deur elke episode. Hy meen vanjaar se finaliste is ambassadeurs van egtheid.
“Hierdie jong mense wys vir ons dat stories nog steeds die sterkste krag is wat mense verbind. As iets magneties voel, is dit omdat dit eg is.”
MOET DIT NIE MISLOOP NIE
Skakel vanaf 29 Oktober elke Woensdag om 18:00 in op VIA, DStv-kanaal 147, vir vyf magnetiese episodes vol inspirasie, kreatiwiteit en ware teaterpassie.