Gekies vir die Kollig: Seisoen 5 skop af
Première: Woensdag 29 Oktober 2025
Tyd: 18:00
Kanaal: VIA, DStv-kanaal 147
’N MAGNETIESE BEGIN
In die eerste episode van Gekies vir die Kollig seisoen 5, trek ’n bekende krag weer die aandag. Mentor Jacques Bessenger, die wenmentor van seisoen 4, is terug met ’n nuwe span wat vanuit die staanspoor magneties voel.
Met Zanje Bodenstein van die Hoërskool Die Wilgers en Ethan Bester van die Hoërskool Randburg aan sy sy, vorm Jacques ’n drietal wat dit van die eerste oomblik af duidelik maak: hier word die kollig nie gevind nie – dit word verdien.
DIE NOORDPOOL VAN EPISODE 1
“Ons eerste span het beslis ’n sterk noordpool – sy naam is Jacques Bessenger.”
Hy bring sy kenmerkende mengsel van presisie en passie na die skerm en saam met hom, twee jong kunstenaars wat hul eie rigting tussen stilte, styl en intensiteit vind.
In hierdie eerste episode sien kykers hoe Jacques, Zanje en Ethan hul stories slyp met rou emosie en eerlikheid wat deur die lens breek. Dis die afskop van ’n seisoen waar jong talent nie net ontdek word nie, maar ook gevorm word.
Dié twee gaan met stilte, styl en intensiteit die kollig laat gloei … en jou regtig laat voel.
Zanje Bodenstenstein betower met haar produksie Skooldasse breek nie, ’n emosioneel eerlike blik op identiteit en druk binne skoolmure.
Zanje vertel oor haar ervaring: “Om deel van Gekies vir die Kollig te wees, kan die begin van iets groot wees, of dit kan die einde van iets groot wees. Ek sal toneelspel graag vir ’n lewe wil doen. Vir my was die grootste uitdaging om voor die kamera te huil.”
Ethan Bester se produksie wondermooi herinner ons dat broosheid en selfvertroue soms twee kante van dieselfde munt is.
Ethan sê: “As iemand nog voel daar is nie ruimte in Afrikaans, of om Afrikaans én kreatief te wees nie – daar ís. En dit is wonderlik.”
“Ek het geleer jy moet jouself vertrou. Volg jou gut. As jy dit voel, gaan daarvoor. Moenie terughou nie. As dit met een ander persoon praat wat kan sê, ‘Ek verstaan waar jy vandaan kom,’ dan is dit goed.”
Twee finaliste. Twee stories. Een mentor met ’n oog vir detail – Jacques Bessenger wat sy magnetiese stempel afdruk.
Episode 1 van Gekies vir die Kollig word op Dinsdag 29 Oktober om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai.
Skakel in en beleef die magnetiese reis van Span Jacques Bessenger – waar talent, storie en waarheid met onweerstaanbare aantrekkingskrag saamtrek.
Kry ’n voorsmakie van die magnetiese energie wat wag: