Geseënde Paasfees

Sy bestemming was die kruis,
Sy doel was liefde,
Sy rede was jy!
Die ATKV wil graag vir sy lede, kliënte, personeel en vriende ’n vreugdevolle Paasfees toewens.
Die afgelope jaar is gekenmerk deur baie swaarkry en vele uitdagings. Mag die volgende paar dae vir ’n ieder en ’n elk ’n geleentheid wees om asem te skep en te besin oor die groot wonderwerk wat amper 2000 jaar gelede gebeur het.
Geniet die tyd saam met jou gesin, familie en vriende en wees veilig.
En onthou: Hy ken die weg, want Hy is die weg.