Groot bederf in die Boland

Daar is ’n eenvoudige oplossing vir die triestige wintermaande. Baie mense sal dink dit is om koers te kies na ’n meer tropiese klimaat soos in KwaZulu-Natal, waar jy in ’n kortbroek en plakkies aan ’n draairoomys kan smul terwyl die seemeeue bo jou kop draai.
Maar om werklik meer vrede te vind is om teen die grein te gaan. Om die Kaapse winterreën te waardeer met ’n glasie rooiwyn in die hand, terwyl die geknetter van ’n hardekoolvuur jou enigste geselskap is.
Wanneer die sneeu spierwit op die Hexrivierberge lê en die wingerde hul wortels dieper in die klam grond grawe, is dit by ATKV-Goudini Spa waar jou tam lyf en moeë siel lafenis kan vind.
Terug by die eenheid steek ek die vuur aan en gooi die eerste glasie rooiwyn in, terwyl ’n fisant in die fynbos onder my stoep skrop. Hier is ook dassies, gevlekte ooruile, spreeus en die kese wat jou geselskap hou.
En indien jy bietjie die ongewing wil verken, is daar talle besienswaardighede om te besoek – die Kleinplasie-opelugmuseum, die KWV-brandewynkelder, asook Badsberg, Slanghoek, Du Toitskloof, Goudini en Opstal.
Kom reën, kom wind, kom sneeu, op Goudini is dit heeltyd speeltyd. Min plekke is so gerieflik en terselfdertyd so naby aan Moeder Natuur.
Bespreek hier en gun jouself die rus wat jou toekom. Ons het boonop ’n hele paar aanloklike aanbiedinge beskikbaar.
ATKV-lede: Maak oordbesprekings teen die ledetarief – alles is op die nuwe aanlyn ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/.
*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.
– Jacques Myburgh