GVK: Die magnetiese smaakmaker-uitdaging
Première: Woensdag 26 November 2025
Tyd: 18:00
Kanaal: VIA, DStv-kanaal 147
Die magneetveld word al sterker en met elke nuwe episode trek hierdie stories jou dieper in. In episode 4 het Span Lindsey Abrahams snydende simboliek en sterreverlange binnegebring, maar nou is dit tyd vir al agt finaliste om hul stempel op sosiale media af te druk.
Welkom by die magnetiese wêreld van smaakmakers, waar kreatiwiteit, aanpasbaarheid en rou teenwoordigheid saamvloei. In hierdie episode word die finaliste uitgedaag om ’n 30-sekonde- tot 1-minuut-video te skep wat hul persoonlikheid en hul ATKV-ervaring op sosiale media laat sprankel – en ja, dié uitdaging tel 15% van die finale punt.
Die uitdaging in aksie:
Hulle betree ’n splinternuwe wêreld van smaak, styl en sosiale invloed en leer van twee unieke handelsmerke:
- ATKV – die platform wat taal en kultuur vier en tieners aanmoedig om in hulself te belê. Mercia Eksteen, hoofbestuurder: kommunikasie van die ATKV, neem hulle deur die krag van invloed en storievertelling.
- MONDVOL – daardie eg Suid-Afrikaanse koekie met smaak en nostalgie. Die finaliste moet proe, voel, verbind en dan hul kreatiwiteit omskep in ’n video wat ander magneties aantrek.
Wie kan die uitdaging wen?
Die uitdaging toets nie net vaardighede nie, maar ook die vermoë om te verbind. Zanje bring haar storie met smaak en moet nou sien of sy dieselfde essensie in ’n koekie kan bottel. Ethan – stil, maar kragtig wanneer hy praat – wys nou of sy magnetiese teenwoordigheid ook in ’n video oorgedra kan word. Moya se vermoë om emosie met presisie oor te dra word op die proef gestel wanneer sy ’n koekie moet verkoop deur gevoel en kreatiwiteit.
Eduard, wat weet hoe om punte bymekaar te maak wanneer dit tel, probeer dieselfde talent omskep in ’n video wat ander aantrek. Nina, altyd die vraagvraer, vind haar antwoord deur haar unieke ATKV-ervaring in beeld te bring. Keagan se kamera-ervaring word uitgedaag om ander te beïnvloed met ’n mondvol en ’n missie. Liné, wat diep met haar woorde tref, moet lig en lekker in ’n sosialemediaformaat wees. Janru, die dromer van die groep, probeer ons aanwakker met sy karaktervolle en magnetiese charisma.
Saam verbind hulle kreatiwiteit, styl en persoonlikheid en wys hoe ’n eenvoudige koekie ’n storie kan vertel.
Hierdie episode is kleurvol, kreatief en vol verrassings – en kan selfs die finale punteleer skuif. Wie sal die geheime smaakmaker-uitdaging bemeester en die veldtog saam met die ATKV wen? Wie het gegroei, wie het verras en wie sal uiteindelik die kollig betree?
Aan die einde van die episode vind ons nie net uit wie die ATKV-Smaakmaker is nie, maar flits ook terug na die wentelbaan van seisoen 5 en ontdek wie die groot wenner van Gekies vir die Kollig is – die gelukkige finalis wat wegstap met R10 000 kontant en die gesogte ATKV-DigiToneeltrofee. Die naaswenner kry R7 500, en die derdeplekwenner stap met R5 000 weg. Jy kan nie die laaste episode van Gekies vir die Kollig misloop nie!
Kyk hier na ’n voorsmakie waar spanning, stories en die smaakmakers op jou wag!