Magnetiese tonele op Durbanse verhoog

In ’n week waar kreatiwiteit en jong talent in oorvloed teenwoordig was, het die Playhouse-teater in Durban behoorlik gegons tydens die 61ste aanbieding van ATKV-Tienertoneel. Die Durban-streeksfees, wat van 24 tot 26 Julie 2025 plaasgevind het, het gewys hoe magneties teater werklik kan wees.
Meer as 150 deelnemers het aan 10 unieke produksies deelgeneem – elkeen ’n verhaal vol trefkrag, oorspronklikheid en jeugenergie. Die teater is gevul met die soort aantrekkingskrag wat ontstaan wanneer jong stemme hul waarheid op die verhoog laat hoor.
2025 was ook ’n merkwaardige mylpaal vir die toneelbedryf in die streek: ATKV-Tjokkertoneel is vir die eerste keer Durban aangebied. Op 24 Julie het 50 dapper en magnetiese tjokkers hul tone in die toneelwater gedruk – ’n dag vol vreugde, verbeelding en eerste treë op die verhoog. Ons is opgewonde oor die toekoms wat hierdie jong storievertellers vir KwaZulu-Natal inlui. ’n Spesiale woord van dank aan die dapper tjokkers van Kuswag wat hul stemme kom laat hoor het!
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel moontlik betrek by elke aspek van die toneelstuk – van spel en regie tot kostuums, verhoogbestuur en selfs bemarking. Hierdie praktiese betrokkenheid, gekombineer met waardevolle terugvoer tydens mentorwerkswinkels, vorm ’n unieke leerervaring vir elke deelnemer.
Die mentorbeoordelaars vir die Durban-streeksfees – Jacques Bessenger, René Cloete, Lindsey Abrahams en Marié-Heleen Coetzee – het nie net hul kennis en ervaring gedeel nie, maar ook ’n platform geskep vir betekenisvolle tweerigtinggesprekke met die deelnemers. Dit is in hierdie gesprekke waar ware groei plaasvind en waar toekomstige teaterstemme gevorm word.
Die spogprysuitdeling is op 26 Julie gehou, waar nominasies en wenners in verskeie kategorieë aangekondig is – van spel en regie tot tegniese uitnemendheid. Hierdie viering van uitmuntendheid is ’n bewys van die diepte, diversiteit en talent van Suid-Afrika se jong teatermakers.
Tegniese toekennings
Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Adelia van der Merwe |
Bernarda |
Hoërskool Richardsbaai |
Erné van Aswegen |
Verd(r)ink |
Hoërskool Witteberg |
Wenner:

Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
CJ Hoon |
Bloed vir bloed |
Kuswag Skool |
Jody Ballack |
Die aarde grom |
Kuswag Skool |
Suné Hills |
Verd(r)ink |
Hoërskool Witteberg |
Daniel Nortier |
Misdaad voor middernag |
Kuswag Skool |
Wenner:

Beste klankoperateur
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Johan Scheepers |
Bloed vir bloed |
Kuswag Skool |
Gerhard Nel |
Verd(r)ink |
Hoërskool Witteberg |
Wenner:

Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Die aarde grom |
Kuswag Skool |
Misdaad voor middernag |
Kuswag Skool |
Wenner:

Toekennings vir spel
Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Naam en van |
Rol |
Produksie |
Skool |
Tlhono Mokoens |
Mesi |
Verd(r)ink |
Hoërskool Witteberg |
Alné Schoeman |
K |
Verd(r)ink |
Hoërskool Witteberg |
Wenner:

Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
Naam en van |
Rol |
Produksie |
Skool |
Johan Scheepers |
Wadsworth |
Misdaad voor middernag |
Kuswag Skool |
Luke de Gray Birch |
Mnr. Swarts |
Misdaad voor middernag |
Kuswag Skool |
Wenner:

Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Naam en van |
Rol |
Produksie |
Skool |
Henke Minnaar |
Dory |
Verd(r)ink |
Hoërskool Witteberg |
Tyla Kruger |
Leandra |
Die aarde grom |
Kuswag Skool |
Wenner:

Beste ensemble
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Die aarde grom |
Kuswag Skool |
Verd(r)ink |
Hoërskool Witteberg |
Misdaad voor middernag |
Kuswag Skool |
Wenner:

Beste regie
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Linda Coertze en Magdel Brand |
Misdaad voor middernag |
Kuswag Skool |
Ronelle van Heerden |
Verd(r)ink |
Hoërskool Witteberg |
Wenner:

Beste produksie
Wenner:

Volgende hou die magnetiese kragveld van ATKV-Tienertoneel stil by die eerste Gauteng-streeksfees, wat van 28 Julie tot 2 Augustus by die Unisa-kleinteater in Pretoria plaasvind. Hier sal nóg stories en stemme hul beurt kry om aan te sluit by die magnetiese stroom van talent.
Besoek gerus die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel.