Takke kraai koning by Kultuurkuier

Die ATKV en Afrikaans loop hand aan hand, maar nog iets wat sinoniem met die ATKV is, is projekte wat van gemeenskappe beter plekke maak – en dit is ATKV-takke wat aan die stuur van hierdie projekte staan. Dis juis hiérdie takke se besonderse bydrae tot die organisasie wat vroeër vandeesmaand by die vierde ATKV-Kultuurkuier gevier is.
Elda Kruger, bestuurder: ATKV-takke, vertel dat ATKV-takke al sedert 1930 deel van die wortels en eerste asemhaling van die ATKV is. Vandag, amper 95 jaar later, is die rol van ’n vrywillige ATKV-taklid eksponensieel onmisbaar binne die groter ATKV.
“Dit is hierdie 4 500 vrywillige taklede wat die ATKV se hande, voete, gesig en stem is binne die gemeenskappe waar hulle werk en leef en daagliks ’n wesenlike verskil maak. Daarom is hierdie takprojekte vir die ATKV so belangrik.
“Dit is ’n absolute verlenging van ons doelstelling om ’n organisasie te wees wat behoeftes hoor en sien, deur impakprojekte ’n verskil maak, gemeenskappe transformeer en aan ’n suksesvolle Suid-Afrika bou. Dit is hierdie soort projekte wat in individue, gemeenskappe en in die toekoms van ons land belê,” gesels sy.
“Die projekte wat hulle aanpak, is redelik divers, maar dit fokus oorhoofs op die bevordering van moedertaal, kunste, erfenis, onderwys en sosiaal-maatskaplike kwessies,” vertel sy.
Geluk aan al die wentakke!
- Kyk gerus hier na die wenprojekte met taal as fokus.
- Kyk gerus hier na die wenprojekte met taal (leesbevordering) as fokus.
- Kyk gerus hier na die wenprojekte met gemeenskap (sosiaal-maatskaplik) as fokus.
- Kyk gerus hier na die wenprojekte met die kunste as fokus.
- Kyk gerus hier na die wenprojekte met gemeenskap (omgewingsbewustheid) as fokus.
- Kyk gerus hier na die wenprojekte met gemeenskap (onderwys en opleiding) as fokus.
- Kyk gerus hier na die wentakke met ’n baie hoë graad van funksionaliteit.
Is jy lus om deel van ’n ATKV-tak te word? Hier is jou kans! Klik hier.