Tienertoneel 2021: Tieners blaas nuwe lewe in teaterindustrie

Weens ’n wêreldpandemie het dit ook in Suid-Afrikaanse teaters en op die verhoog stil geraak, maar jong teatermakers het weer nuwe lewe in die teaterindustrie geblaas.
Die ATKV wou nie die kunste slegs op skerms beleef nie. Ons het verlang na die nostalgie van storievertelling in sy oudste vorm en het veilige streeksfeeste aangebied om ten einde die pad oop te kon kap na ’n nasionale finaal waar die nuutste teatertalent hul slag kon wys.
Meer as 1500 tieners van regoor Suid-Afrika het in Augustus die planke laat bewe en ons mentorbeoordelaars beïndruk. Hierdie tieners is passievol en stuur ’n sterk boodskap van hoop deur hul selfdissipline en kreatiwiteit.
Tien produksies sê mekaar die stryd aan tydens hierdie spogfinaal by Artscape in Kaapstad wat ook vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier.
Die Top-2 Slegs-leerdersproduksies is:
Dubbelsinnig! deur die Hoërskool Eldoraigne
Dinge wat ek nie hardop kan sê nie deur Helpmekaar Kollege
Die Top-8 produksies wat meeding om die beste produksie is:
DORS deur die Hoërskool Parel Vallei
Hansie Slim deur die Hoërskool Parel Vallei
JY.VROU deur die Hoërskool Hugenote Springs.
’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag deur die Hoërskool Bellville.
Om teen treine te skree van die Hoërskool Jan van Riebeeck
Thomas vermoor: Die toneelstuk deur die Kuswag Skool
Vierdoop deur Eunice High School
Vier vingers deur die Hoërskool Noordheuwel
Kaartjies is beskikbaar by Computicket en die program kan HIER gelees word.
Die ATKV streef daarna om tieners die geleentheid te gee om hul kreatiwiteit en innoverende denke ten volle uit te leef. Ons bied daarom hierdie unieke platform vir elke finalis om sy/haar stem hard en duidelik te laat hoor.
Geniet die beelde, hoor hul stem, voel hul energie – beleef teater!
