Tienertoneel: Laaste Gauteng-streeksfees gehou
Die 60ste ATKV-Tienertoneel het op ’n hoogtepunt in Gauteng en in die Wes-Kaap afgesluit met hope talent en inspirerende stories. 361 tieners het in 23 produksies hul stories simbioties op die UNISA Little Theatre-verhoog in Pretoria kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies met mentorbeoordelaars, wat hul stempel in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf afdruk, in ’n tweerigtingsgesprek oor hul werk tree.
Die mentorbeoordelaars tydens die Gauteng-streeksfees vanaf 19 tot 24 Augustus was Marié-Heleen Coetzee, Mari Molefe van Heerden, Liezl de Kock en André Lötter.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 24 Augustus bekendgemaak.
BESTE KLANKOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Rhuwan Strydom |
Katastrofe |
Hoërskool Menlopark |
Janro Berning |
King Jakes |
Hoërskool Eldoraigne |
Markus Knop |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE BELIGTINGSOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Arnel Berning |
King Jakes |
Hoërskool Eldoraigne |
Pierre Welthagen |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE VERHOOGBESTUURDER
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Kaitlyn le Roux |
Fairy Fails |
Hoërskool Menlopark |
Theana Cloete en Tuane Claassen |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Kaitlyn le Roux |
Fairy Fails |
Hoërskool Menlopark |
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
King Jakes |
Hoërskool Eldoraigne |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Cohen Makapan as Dylan |
King Jakes |
Hoërskool Eldoraigne |
Henroux Roux as Edmund |
King Jakes |
Hoërskool Eldoraigne |
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N HOOFROL
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N HOOFROL
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Genna Labuschagne as Aster |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Anome Meyer as Raya |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Lenadri Groenewald as Winter |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Droom |
Hoërskool Florida |
King Jakes |
Hoërskool Eldoraigne |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Chartyn van Heerden |
King Jakes |
Hoërskool Eldoraigne |
Robert Kruger, Mariki de Villiers-Knop |
Reënroepers |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Wenner:
Nege ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste het regoor Suid-Afrika plaasgevind met 3 000 tieners in 187 produksies wat gehore simbioties laat saamleef het. Die topproduksies word nou na die nasionale Simbiose-finaal genooi, wat vanaf 23 tot 28 September by die Kunstekaap in Kaapstad plaasvind.
Hou die ATKV se webwerf en sosialemediablaaie op Dinsdag 27 Augustus dop vir die bekendmaking van hierdie nasionale finaliste.