Tienertoneel: Uitslae van Bloem-streeksfees bekend
Die 60ste ATKV-Tienertoneel is verlede week in Bloemfontein en Gqeberha voortgesit met hope talent en inspirerende stories. 349 tieners het in 25 produksies hul stories simbioties op die Wynand Mouton-verhoog in Bloemfontein kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies met mentorbeoordelaars, wat hul stempel in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf afdruk, in ’n tweerigtingsgesprek oor hul werk tree.
Die mentorbeoordelaars tydens die Bloemfontein-streeksfees vanaf 5 tot 10 Augustus was Chris Vorster, Marijda Kamper, Jacques Bessenger en Mari Molefe van Heerden.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 10 Augustus bekendgemaak.
BESTE KLANKOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Theresa Louise Fourie |
DOP |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Nadine Strydom |
Kinderson |
Hoërskool Jim Fouché |
Marko Smit |
Kern van die duiwels |
Grey Kollege Sekondêr Bloemfontein |
Wenner:
BESTE BELIGTINGSOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Lee-Anne Mouton |
DOP |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Quintus Senekal |
Kinderson |
Hoërskool Jim Fouché |
Aiden Coetzee |
Kern van die duiwels |
Grey Kollege Sekondêr Bloemfontein |
Wenner:
BESTE VERHOOGBESTUURDER
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Mikyla Cox |
Spoor |
Landboudal |
Chrisna Froneman en Zanel Myburg |
’n Kwessie van verbeelding |
Hoërskool Jim Fouché |
Janah Swarts |
Kinderson |
Hoërskool Jim Fouché |
Mikyla Cox |
Spoor |
Landboudal |
Wenner:
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Gekookte kondensmelk |
Hoërskool Fichardtpark |
Taurus |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
Donkermaan |
Hoërskool Witteberg |
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Johan du Plessis as Arno |
Kern van die duiwels |
Grey Kollege Sekondêr Bloemfontein |
Juvayne van Wyk as Ash van Niekerk |
Kern van die duiwels |
Grey Kollege Sekondêr Bloemfontein |
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Marizanne Jacobs as Ma |
Spoor |
Landboudal |
Dominique du Plessis as Ma |
DOP |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Wenner:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Marizanne Jacobs as Ma |
Spoor |
Landboudal |
BESTE AKTEUR IN ’N HOOFROL
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N HOOFROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Cleo-lee Kruger as Anja |
Van glas |
Hoërskool Fichardtpark |
Caitlin Erasmus as Dogter |
DOP |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Megan Benson as Ami |
Kinderson |
Hoërskool Jim Fouché |
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Spoor |
Landboudal |
Gekookte kondensmelk |
Hoërskool Fichardtpark |
Kern van die duiwels |
Grey Kollege Sekondêr Bloemfontein |
Donkermaan |
Hoërskool Witteberg |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Ronelle van Heerden en Jené van Heerden |
Donkerbaan |
Hoërskool Witteberg |
Barnie Mans |
Taurus |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
Chanmari Erasmus en Lynmari Brink |
DOP |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Wenner:
ATKV-Tienertoneel is hierdie week (12 tot 17 Augustus) in Pretoria by die UNISA Little Theatre vir die derde streeksfees in Gauteng en vanaf 15 tot 17 Augustus by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch (Kaapstad) vir die eerste Wes-Kaap-streeksfees om die tieners se simbiotiese werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel.