Tjokkers skyn tydens Bloem-streeksfees
Die ATKV se jongste toneelaanbod, ATKV-Tjokkertoneel, het hierdie jaar enorme nasionale deelnamegroei getoon deurdat ons vier streeksfeeste landswyd aanbied. Die afgelope week het 137 tjokkers in Bloemfontein gehore se harte warm gespeel.
Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel stel ons jong leerders bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Deur hierdie opbouende proses van toneelspel ontwikkel kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede en verbreed hul woordeskat.
Tjokkers in die binneland het hard gewerk en hul stories in Bloemfontein met groot passie kom vertel in die Wynand Mouton-teater op Vrydag 4 Augustus.
Teatermaker, Schoemé Steenkamp en professionele teatermaker, dosent en aktrise Marijda Kamper het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook aan alle teaterelemente suksesvol aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om verder hul talent te slyp.
Streeksfeeswenners is Vrydag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys
Hier is die nominasies en wenners:
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
1. |
Diepgrawers |
Voorbereidingskool Fanie Malan |
2. |
Alice in Wonderland |
Laerskool Oranje-Noord |
3. |
Emma se doodgewone dag |
Onafhanklike Skool Eduplus |
Die beste hantering van tegniese aspekte deur tjokkers tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerakteur
Nominasies:
1. |
Lüpita Mamba as Ouma Smakkie |
Diepgrawers |
Voorbereidingskool Fanie Malan |
2. |
Stehan Swanepoel as Aanbieder Stefaans |
Talent Pret |
Zastron Gekombineerde Skool |
3. |
India Cloete as Emma |
Emma se doodgewone dag |
Onafhanklike Skool Eduplus |
4. |
Modise Tau as Die Draak |
Emma se doodgewone dag |
Onafhanklike Skool Eduplus |
Die beste tjokkerakteur tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerensemble
Nominasies:
1. |
Diepgrawers |
Voorbereidingskool Fanie Malan |
2. |
Lollipop |
Voorbereidingskool Fanie Malan |
Die beste tjokkerensemble tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerregisseur
Nominasies:
1. |
Mariëtta Swanepoel, Mariaan Swanepoel |
Diepgrawers |
Voorbereidingskool Fanie Malan |
2. |
Anniel Wege |
Emma se doodgewone dag |
Onafhanklike Skool Eduplus |
Die beste tjokkerregisseur tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Kategorie: Beste ATKV-Tjokkertoneelaanbieding
Die beste tjokkertoneelproduksie tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Baie dankie aan al die tjokkers wat vanjaar in Bloemfontein aan hierdie groeiende projek deelgeneem het.
ATKV-Tjokkertoneel is volgende week op 7 Augustus weer in Gauteng by die UNISA Little Theatre in Pretoria.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tjokkertoneel