Tjokkers speel Bloem warm!
ATKV-Tjokkertoneel het die Mei-ronde in Bloemfontein afgesluit met gretige woelwaters wat diep in die gehoor se hart ingekruip het.
Tjokkers van so ver as Upington het op Donderdag 26 Mei by die Hoërskool Jim Fouché mekaar met groot geesdrif die stryd aangesê en gewys dat die talent in die sentrale streek van Suid-Afrika sterk staan.
Die bekroonde teatermakers Michelle Joubert en Schoemé Grobler was die mentorbeoordelaars en was besonder opgewonde oor die potensiaal wat in hierdie streek opgesluit lê.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang buiten toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van albei mentors om hul talent verder mee te slyp.
Streeksfeeswenners is ook op die dag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die wenners:
Danksy groot aanvraag gaan ATKV-Tjokkertoneel ’n tweede ronde in Gauteng en die Wes-Kaap aanbied. Hierdie twee streeksfeeste sal in Oktober plaasvind vir die tjokkers wat so bietjie laat geslaap het, of nou begeesterd voel om ook te probeer ná die brawe voorlopers se vertonings in Mei.
Die deelnemersgids en inskrywingsvorm is op ons webwerf beskikbaar en JJ van Niekerk, projekorganiseerder, kan per e-pos gekontak word by jj@atkv.org.za met navrae.