Tjokkertalent reik na die sterre tydens Gauteng-streeksfees!
Die ATKV se jongste toneelaanbod, ATKV-Tjokkertoneel, het verlede week tussen die sterre begin speel nadat die pandemie die uitvoerbaarheid van hierdie splinternuwe projek sedert die bekendstelling daarvan in 2019 gekelder het.
Tjokkers in Gauteng het hard gewerk en hul stories op Saterdag 14 Mei met groot passie kom vertel voor ’n vol gehoor.
ATKV-Tienertoneel se bekroonde teatermakers, Mariki de Villiers-Knop en Barnie Mans, het die talent as mentorbeoordelaars aanskou en was verstom oor die Tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed – om stories geloofwaardig te vertel terwyl hulle ook suksesvol aan alle ander teaterelemente aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang buiten toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van albei mentors om hul talent verder mee te slyp.
Streeksfeeswenners is ook Saterdag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die wenners:
Die Tjokkers in die Kaap kry op 21 Mei hul beurt (by die Durbanville-ouditorium) om tussen die sterre te speel. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets teen slegs R30.
Klik op hierdie skakel vir kaartjies https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1514969284 en volg die ATKV vir alle nuus oor ons brawe Tjokkers wat vanjaar die planke warm speel.