Wen met jou biblioteek-storie

Die Biblioteek- en Inligtingsvereniging van Suid-Afrika (LIASA) vier van 15 tot 21 Maart Suid-Afrikaanse Biblioteekweek (SALW) met die tema “Biblioteke maak saak!” Het jy ’n interessante storie oor ’n biblioteek?
Dalk het ’n bibliotekaresse jou geïnspireer om te lees? Of miskien het jy ’n boek in die biblioteek raakgeloop wat jou lewe verander het? Dalk as die juffrou in jou skool se mediasentrum kan jy ’n oulike storie vertel oor een van die leerders wat jou hart gesteel het.
Biblioteke of inligtingsentrums maak saak! Albert Einstein het gesê “die enigste ding waarvan jy vir seker moet wees, is die ligging van die biblioteek”.
Die ATKV is nuuskierig om hierdie verhale van lede, nielede, uit gemeenskappe en skole te hoor.
Die skrywer van die oulikste verhaal staan ’n kans om ’n geskenkpak ter waarde van R1 000 te wen en die biblioteek waarna daar in die verhaal verwys word ’n geskenkpak ter waarde van R2 500, wat ook boeke sal insluit.
Stuur jou verhaal vóór 31 Maart 2021 na storie@atkv.org.za.