Wêreldboekedag: Dié boeke moet jy lees

Ter viering van Wêreldboekedag vandag (23 April) het die Taalgenoot-redaksie hul vyf lekkerleesboeke vir Wêreldboekedag gekies. Dit is die perfekte dag om die geskrewe woord te waardeer. Nie almal lees egter nét Afrikaans nie, so vergewe maar die “Ingelse” titels tussen-in. En ook – veral wat die redakteur se keuses betref, is almal dalk nie sulke lekker lees nie. Maar dis steeds ’n moet lees.
Johan Jack Smith, redakteur
- Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis
- Triomf deur Marlene van Niekerk
- Beertjie en sy Boykies deur RR Ryger
- Erdvarkfontein deur Tom Dreyer
- Orion deur Deon Meyer
Reza Clifford, digitale hoof
- Die Abel-trilogie deur Chris Karsten
- Rewolusie van die hart en Die seders van Libanon deur Adriana Faling
- Wegkomkans deur Marita van der Vyver
- Getuie deur Christine Barkhuizen le Roux
Martie Swart, produksieredakteur
- Tussen stasies deur Irma Joubert
- The Alchemist deur Paulo Coelho
- Magician deur Raymond E. Feist
- Me Before You deur Jojo Moyes
- The Martian deur Andy Weir
Marelise Scholtz, grafiese ontwerper
- Pillars of the earth deur Ken Follet
- Grensgeval deur Marita van der Vyver
- Where the Crawdads sing deur Delia Owens
- Educated deur Tara Westover
- Toorbos deur Dalene Matthee
Ongelukkig is boeke vir die meeste mense ’n luukse. Daarom glo die ATKV en VVA dat deur middel van die boektrommelprojek, kinders so vroeg as moontlik aan die wêreld van woorde en stories blootgestel moet word. Daar moet ’n leeskultuur geskep word en kinders moet in ’n woordryke omgewing grootword. Lees moet deel van ’n roetine word.
Die VVA se vlagskipprojek is sy boektrommels vol heerlike boeke wat by verdienstelike skole en goedbestuurde kleuterskole besorg word en ook sy voorleesprojek wat die belang van voorlees in elke huis wil tuisbring.
Met hierdie uitgebreide boektrommelprojek wil die ATKV en VVA jaarliks probeer om ’n groter impak te maak tot die ontwikkeling van ’n leeskultuur in gemeenskappe landwyd sodat kinders – eerste-, tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans – in woordryke omgewings met toegang tot die regte boeke kan grootword en die vreugde en bemagtiging van lewenslange lees en leer kan ervaar en benut.
’n Trommel met tussen 90 en 110 geskikte boeke kos R8 000. Maak nou ’n skenking vir die ATKV-Woekerfonds, om ’n wesenlike verskil te maak in ’n kind se lewe: https://atkv.org.za/atkv-donation-form/