Skip to main content
Wat is die ATKV-Woekerfonds?

Die ATKV trap al vir 92 jaar diep spore in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap.
Gemeenskappe bly die spil waarom die ATKV se doen en late draai en dit is vir ons
belangrik om ons erfenis te beskerm, uit te bou en ’n blywende nalatenskap agter te laat. 
Om volhoubare ondersteuning te bied aan projekte wat erfenis vier, lees bevorder en kinders met
hul voorskoolse ontwikkel by te staan, het ons jou hulp nodig.
Kom woeker saam met ons en help om ’n leeftyd se verskil te maak.


Hoe kan jy betrokke raak?

Jou bydrae – klein of groot – gaan ons lewende erfenis uitbou en beskerm, die wêreld van woorde en stories aan kinders bekendstel en vir kleuters tussen drie en ses jaar die geleentheid gee om die fondament te lê vir ’n beter toekoms.


Jy kan by die volgende inisiatiewe betrokke raak:
(Klik op die onderstaande skakels om meer oor elke fokus te lees.)

Lees!
Leer!
Leef!