Skip to main content

ATKV-Erfenis

Dit was nog altyd vir die ATKV belangrik om die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel te maak van nasiebou, versoening en ’n suksesvolle Suid-Afrika.

Ons jong mense het soveel om te baat by die rykheid en verskeidenheid van ons Afrikaanse erfenisse.

Om te weet wie jy is en waar jy vandaan kom, is kernbelangrik om die toekoms met selfvertroue tegemoet te stap.

Die ATKV-Woekerfonds het ten doel om ons Afrikaanse (lewende) erfenis uit te bou en te beskerm.

Jou bydrae – klein of groot – gaan die ATKV in staat stel om projekte van stapel te stuur wat Afrikaanse erfenisse vier.

Vir meer inligting oor die Woekerfonds se werksaamhede, skakel 011 919 9000, of stuur ’n e-pos aan woekerfonds@atkv.org.za. ATKV-taklede kan ook hul Tjieng aan die ATKV-Woekerfonds skenk.