Skip to the content

ATKV-Erfenis

Dit was nog altyd vir die ATKV belangrik om die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel te maak van nasiebou, versoening en ’n suksesvolle Suid-Afrika.

Ons jong mense het soveel om te baat by die rykheid en verskeidenheid van ons Afrikaanse erfenisse.

Om te weet wie jy is en waar jy vandaan kom, is kernbelangrik om die toekoms met selfvertroue tegemoet te stap.

Die ATKV-Woekerfonds het ten doel om ons Afrikaanse (lewende) erfenis uit te bou en te beskerm.

Jou bydrae – klein of groot – gaan die ATKV in staat stel om projekte van stapel te stuur wat Afrikaanse erfenisse vier.

abbasorg bestuurder

Kontak gerus vir Lillian Meyer vir meer inligting oor die Woekerfonds se werksaamhede by 011 919 9000 woekerfonds@atkv.org.za. ATKV-taklede kan ook met Lillian gesels as hulle hul Tjieng vir die ATKV-Woekersfonds wil skenk.

As ons ons kultuur wil bewaar, moet ons aanhou om dit te skep.”

Johan Huizinga