Hierdie projek het eers as die Afrikaans-in-Sowetoprojek bekend gestaan, maar hierdie gewilde projek is nie meer net in Soweto nie. Die fokus is om die deelnemers (van jonk tot oud) op informele manier selfvertroue in Afrikaans te gee. Die deelnemers kom weekliks vir twee uur by verskillende sentra in Gauteng bymekaar om Afrikaans te praat, te dans en te sing. Stel jy belang om as vrywilliger deel van hierdie projek te word ? Stuur dan ’n e-pos aan Suzie Matlhola by suziem@atkv.org.za en word deel van dié opwindende projek.