Beter Afrikaans is ʼn gratis webdiens waar Afrikaanssprekendes, en selfs aanleerders van Afrikaans, meer kan leer oor die spel- en skryfreëls van Afrikaans.
Die webdiens werk op ʼn eenvoudige, doeltreffende manier. As ʼn persoon geregistreer het op die webwerf, kan die persoon elke weeksdag ʼn speltoets in minder as twee minute voltooi – hetsy op ʼn rekenaar, tablet of selfoon. Die speltoets bestaan uit vier veelkeusevrae; sodra die vrae beantwoord is, ontvang die gebruiker onmiddellik ʼn kort bespreking oor die korrekte antwoorde.
Indien die gebruiker meer wil leer, is daar meer omvattende dog eenvoudige verduidelikings op die webwerf beskikbaar. Onderwerpe soos los of vas skryf, hoofletters, homonieme, idiome, intensiewe vorme, en nog baie meer word gedek.
Webwerf: www.beterafrikaans.co.za
Facebook: www.facebook.com/beterafrikaans
Twitter: @beterafrikaans
Android-toepassing: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.orangegears.beterafrikaans
iOS-toepassing: https://itunes.apple.com/app/beter-afrikaans/id991288899