Skip to the content

ATKV-Tienertoneel

tienertoneel

Skryf nou in vir ATKV-Tienertoneelslypskool in Durban

Natallers kan hulle nou inskryf vir ’n Tienertoneelslypskool wat van 23 tot 25 Mei by die Kuswag Skool in Amanzimtoti plaasvind.

tienertoneel

Skryf nou in vir ATKV-Tienertoneelslypskool in PE

Oos-Kapenaars kan hulle nou inskryf vir ’n Tienertoneelslypskool wat van 11 tot 13 April by die Hoërskool Framesby in Port Elizabeth plaasvind.

tienertoneelteksskryfskool

Tienertoneelskryfskool ’n moet

Die ATKV is hier om jou by te staan en met die nodige gereedskap en vaardighede toe te rus om ’n wentoneelstuk te kan skryf tydens die Tienertoneelteksskryfskool.

Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018

Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018

Jong voornemende teatermakers het die afgelope week die Roodepoortteater se verhoog warm gespeel, gehore vermaak, ontroer en bekoor om uiteindelik ’n kans te staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal gekroon te word. Die beoordelaars het behoorlik kopgekrap, maar uiteindelik het die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch hulle die meeste met hul produksie ...

ATKV-Tienertoneel Hoërskool Tygerberg

Toneelstuk deur leerders en regisseur se trauma geïnspireer

’n Jong meisie wat pleit dat rowers haar balletskoene sal los en kinders wat elke dag moet katvoet loop vir bendes, was die inspirasie vir een van die Hoërskool Tygerberg se toneelstukke, Mister M en sy Mense, wat vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelfinaal deelneem. “Ons het die kinders laat briewe skryf oor wat hulle bang maak en baie van die kinders het gesê geweld en bendes. ...

atkv tienertoneel 2018 helpmekaar-kollege

ATKV-Tienertoneel spog met n splinternuwe afdeling

Dit is ’n eerste in die vyf dekades van ATKV-Tienertoneel. ’n Splinternuwe afdeling vir ’n hele Tienertoneelgeselskap – van die regisseur, skrywer, spelers en die tegniese operateurs – wat uit slegs hoërskoolleerders bestaan.

Tienertoneel 2018

ATKV-Tienertoneel 2018: Dié toneelstukke dring deur na finaal

Die tyd vir naels kou, is verby. Nadat bykans 200 Tienertoneelproduksies die afgelope paar weke hul slag op die verhoog gewys het, is dit uiteindelik tyd om aan te kondig watter produksies die jaar sake in die finaal gaan uitspook.