Skip to main content

Besturende direkteur van ATKV-MSW bedank

Dit is met spyt dat die ATKV-MSW kennis neem van die bedanking van die besturende direkteur, me. Deidre Le Hanie. Me. Le Hanie is ongeveer ’n jaar gelede aangestel en het die ATKV-MSW met groot ywer gedien. Haar voortgesette steun aan die ATKV-MSW en sy werksaamhede word waardeer.

Die ATKV-MSW is opreg dankbaar vir haar onbaatsugtige diens, leierskap en die herbelyning van die ATKV-MSW se strategie. Die ATKV-MSW wens haar alle sukses toe met haar toekomsplanne.

In die interim sal me. Sonél Brits, die huidige maatskappysekretaris, as besturende direkteur waarneem totdat ’n nuwe besturende direkteur aangestel word. Die direksie van die ATKV-MSW tref reëlings om te verseker dat die maatskappysekretariële funksie eweneens prioriteit geniet.

Die direksie en die uitvoerende komitee van die ATKV-MSW het volle vertroue in die waarnemende besturende direkteur sowel as die personeel van die ATKV se kundigheid, vernuf en entoesiasme om die ATKV-MSW se strategie tot verdere uitvoering te bring.