Afrika-jeugberaad 2023 ’n ‘transformerende ervaring’
Die heel eerste ATKV x Global Changemakers Afrika-jeugberaad het in Oktober plaasgevind. Tydens hierdie geleentheid is 50 verskilmakers van regoor Afrika byeengebring. Dié jongmense sluit nou by ’n lewendige netwerk aan wat uit meer as ’n duisend jong verskilmakers van regoor die wêreld bestaan. “Dié jong verskilmakers het almal noemenswaardige impak in hulle gemeenskappe,” sê Magon Mouton, bestuurder: Jong volwassene-ontwikkeling en Innovasie. “Hierdie opwindende en betekenisvolle vier dae was ’n viering van jong volwassenes wat die leiding neem in die strewe na ’n beter toekoms vir ons kontinent.”
Global Changemakers is ’n internasionale jeugorganisasie met die missie om jongmense te ondersteun om ’n positiewe impak te maak in hul strewe na meer regverdige en volhoubare gemeenskappe. Hulle doen dit deur vaardigheidsontwikkeling, kapasiteitsontwikkeling, mentors en beurse.
Magon sê, “Die wêreld vereis tans baie van ons en ons kan nie wegdraai van wat oral in die wêreld gebeur nie, maar ons bestaan om hierdie oomblik te ontmoet. Dit is ’n besef wat in ons harte geanker is. Vir diegene van ons wat toegewyd is aan sosiale verandering, beteken die besit van waardes soos liefde, vrede en empatie dat ons erken dat waar daar kosbare lewens is, is die lewe kosbaar. Dit beteken dat ons verby die oppervlak beweeg om die grondoorsake van die euwels wat ons kontinent terughou, te verstaan, sodat ons sistemiese en strukturele verandering kan inlui.”
Tydens oorloë en moeilike tye het individue en organisasies dikwels bevind dat die raamwerk van sosiale verandering in hul gemeenskappe nuttig is om hul waardes te verduidelik, hul ekosisteme te ondersteun en hul rolle te identifiseer. “Vir jong volwassenes is die wêreld tans moeilik om te verteer. Ons rou nie net oor die verlies van menslike lewens nie, maar ook oor die verlies van menslike waardigheid en die waardigheid om te droom. Daarom is platforms en inisiatiewe soos die Afrika-jeugberaad so belangrik. Dit gee jong verskilmakers die geleentheid om nuwe energie by eendersdenkende eweknieë te tap en met entoesiasme aan te hou met werk wat in so baie gevalle agterlaat word,” sê Magon.
Van lewendige paneelbesprekings tot inspirerende werkswinkels was die week gevul met waardevolle insigte en betekenisvolle gesprekke. “Ons sessies oor klimaataksie, gelykheid en maatskaplike entrepreneurskap het ’n vuur binne ons laat brand om ’n tasbare verskil in ons gemeenskappe te maak,” sê sy.
Hulle was bevoorreg om van ongelooflike sprekers te hoor wat hulle persoonlike verhale van oorkomende teenstand en die skep van positiewe verandering gedeel het. “Hulle reise het ons nie net geïnspireer nie, maar het ons ook herinner aan die krag wat ons binne onsself het om ’n beter toekoms te skep,” sê Magon.
Een van die hoogtepunte van die week was die interaktiewe belyning van die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (Sustainable Development Goals) oor verskeie Afrikalande, asook die gesamentlike projekaanbiedings deur elke groep. “Om die innoverende oplossings en kreatiewe idees wat uit hierdie jong breine na vore gekom het, te aanskou, was werklik verbasend!” sê sy.
Savannah Cozzi, een van die deelnemers aan die beraad, sê die beraad was vir haar geweldig waardevol. “Om te kon bande smee, deel, leer en geïnspireer te word deur individue wat almal ongelooflike impakwerk oor die kontinent heen doen, was ’n absolute voorreg. Ek het verdere sleutelvaardighede by die span geleer wat ek sal gebruik om my werk uit te brei.”
Lukhanyo Sonyamba was ook ’n deelnemer. Hy sê, “Die beraad was vir my soos ’n opwindende avontuur saam met ander visionêre mense, terwyl ons deur ’n landskap van gedeelde drome en aspirasies gereis het. Die ervaring was soos ’n groot netwerkgeleentheid, waar ek verbintenisse met gelykgesinde individue gesmee het wat die vuurwerk van inspirasie in my gemoed ontsteek het. Die impak was verbasend en dit het my tot in my kern geroer. Toegerus met my organisasie, genaamd Ra’ah, en toegewy aan die opleiding van kinders uit ’n weeshuis, het ek baie geleer. Nou is ek vasbeslote om my nuwe kennis te gebruik om selfs meer vir hierdie jong siele te doen, om die pad na ’n helderder toekoms vir hulle te verlig.”
Magon sê noudat die Afrika-jeugberaad verby is, neem hierdie verskilmakers nie net nuwe kennis en vaardighede saam met hulle nie, maar ook lewenslange vriendskappe en ’n hernude sin van doelgerigtheid.
“Die bande wat hulle hier gesmee het, sal ongetwyfeld bly floreer en selfs meer geleenthede vir samewerking en impak skep. Hierdie week het ’n pad vir ons neergelê wat ons met dankbaarheid en entoesiasme sal volg, terwyl ons strewe na ’n gelyke, volhoubare en stralende Afrika!”
Gabriela Jaeger, medestigter en programdirekteur by Global Changemakers, sê:
“Global Changemakers is deeply appreciative and takes great pride in the outcomes of our collaboration with the ATKV in organising the Africa Youth Summit, which has proven to be incredibly productive and invaluable. This partnership has empowered us to provide substantial support to the extraordinary endeavours of young individuals throughout Africa who are actively engaged in enriching their communities and striving for a more sustainable and equitable world. We hold a firm belief that the connections established through enduring partnerships and relationships, as well as the ethos of collaboration and the launch of novel initiatives, will endure as a result of this collaborative effort. Global Changemakers expresses profound gratitude to the ATKV for their pivotal role in making this summit a reality, and eagerly anticipates a future where our joint endeavours continue to engender positive and enduring transformations.”