Applous 2025: Top- junior kore bekend!

Die finale ronde van die gewilde ATKV-Applous-skoolkoorkompetisie is vanjaar vanaf Woensdag 30 Julie tot Saterdag 2 Augustus in die ZK Matthews-saal by Unisa aangebied.
Die ATKV-Applous-skoolkoorkompetisie bied aan leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef.
’n Indrukwekkende 292 hoër- en laerskoolkore het gedurende Mei 2025 in twaalf kategorieë aan die kompetisie deelgeneem. Hierdie kategorieë sluit in junior kore, laerskool-merietekore (Afrikaans en nie-Afrikaans), laerskool-prestigekore, hoërskool-meriete-gemeng-, -meisies- en -seunskore, hoërskool-prestige-gemeng-, -meisies- en seunskore, asook ’n laerskool- en hoërskool-ope-afdeling.
Hiermee word die top- junior kore van 2025 bekendgemaak. Die hoeveelheid topkore in elke afdeling word bepaal deur die hoeveelheid inskrywings wat in daardie afdeling ontvang is.
ATKV-APPLOUS 2025
TOP 10- JUNIOR KORE: Afrikaans
|
Skool |
Punt |
Koorleier |
1 |
Laerskool Mooirivier |
87,5 |
Michelle Hendriks |
2 |
Laerskool Elarduspark |
87,3 |
Hanneline de Bruyn |
3 |
Laerskool Anton van Wouw |
87,17 |
Nanri Botes |
4 |
Laerskool Unika |
86,67 |
Elana Neethling |
5 |
Primêre Skool Worcester |
86,6 |
Hanlie Bruyns |
6 |
Laerskool Kruinsig |
86,3 |
Elana Neethling |
7 |
Durbanville Voorbereidingskool |
86 |
Suzanne Crafford |
8 |
Laerskool Jan Celliers |
85,67 |
Lientjie Reitz |
9 |
Laerskool Nelspruit |
85,25 |
Isabel van Veenhuyzen |
10 |
Laerskool Monumentpark |
85 |
Anton Pottas |
TOP 5- JUNIOR KORE: Nie-Afrikaans
1 |
Laer Meisieskool La Rochelle |
87,2 |
Bennita Visagie |
2 |
Holy Cross Primary |
87 |
Idalette Campbell |
3 |
Fanie Theron Laerskool |
82,4 |
Erika Gresse |
4 |
Curro Windhoek Gymnasium |
82 |
Miemie van der Westhuizen |
5 |
Merrifield Preparatory School |
82 |
Natha Johannisen |
TOP 3- JUNIOR KORE: Ope-afdeling
1 |
St George’s Diocesan School Junior Choir |
87,25 |
Jolanda Amoraal |
2 |
Laerskool Tygerpoort |
86,2 |
Nidia Coetzee |
3 |
Laerskool Hartenbos |
84,5 |
Irma Eilerd |
Junior koorsang is vir kinders van ongeveer 6 tot 8 jaar oud van sleutelbelang. Om in ’n junior koor te sing, bevorder reeds van kleins af ’n liefde vir musiek en bied voorts ’n wonderlike geleentheid om selfvertroue te bou, luister- en taalvaardighede te ontwikkel en sosiale vaardighede soos samewerking en spanwerk aan te leer. Dit stimuleer ook breinontwikkeling en help met konsentrasie, geheue en emosionele uitdrukking.
Kontak gerus vir Corneli Quinn, ATKV-Applous-projekorganiseerder, per e-pos by corneliq@atkv.org.za of telefonies by 011 919 9012, of vir Bessie Keun, ATKV-Applous-organiseerder, by bessie@applous.co.za of telefonies by 072 598 1480 vir enige navrae.
Vir meer inligting oor ATKV-Applous, besoek gerus die ATKV-Applous-webblad by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/applous/.