Applous 2026: Derde gala-aand-wenners bekend
Vir byna vyftig jaar bied ATKV-Applous aan jong sangers die kans om hul stemme en talent op een van Suid-Afrika se mees gesogte koorverhoë te laat weerklink. Die kompetisie vier nie bloot musikale uitnemendheid nie, maar bevorder ook dissipline, spanwerk, selfvertroue en die vorming van vriendskappe wat ’n leeftyd hou.
Die omvang van hierdie vooraanstaande kompetisie is só groot dat die finaal oor vier aande strek. Die derde gala-aand het op Vrydag 31 Julie plaasgevind, en die volgende kore het met die louere weggestap:
Die volgende toekennings is in die afdeling hoërskool-meriete gemaak:
- Beste uitvoering van ’n Afrika-lied: Collegiate Girls’ High School
- Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Hoër Meisieskool La Rochelle
- Beste uitvoering van ’n Afrikaanse lied: Hoër Meisieskool La Rochelle
Hoërskool-meriete: meisies
- Wenner: Hoër Meisieskool La Rochelle
- Naaswenner: St Michael’s School for Girls
- Derde plek: Riebeeck College Girls’ High School
Hoërskool-meriete: seuns
- Wenner: Paul Roos Gimnasium
- Naaswenner: Hoërskool Tygerberg
Hoërskool-meriete: gemeng
- Wenner: Hoërskool Noordheuwel
- Naaswenner: Hoërskool Stellenbosch
- Derde plek: HTS Drostdy
Die gewilde aanlyn stroming van al die finale konserte word vanjaar weer aangebied. Dit bied aan familie, vriende en ondersteuners wat nie die geleentheid het om die konserte in Kaapstad by te woon nie, die kans om steeds deel van die opwinding te wees. Of geliefdes nou in die buiteland woon of eenvoudig te ver van Kaapstad af is om te reis – hulle kan steeds elke optrede regstreeks beleef.
Kaartjies vir die aanlyn stroming is beskikbaar teen slegs R100 per konsert en kan hier gekoop word: https://concertdirectory.co.za/atkv