ATKV-Applous 2025: Finaliste bekend!
ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika en vanjaar word die finaal van hierdie toonaangewende kompetisie vir die 48ste keer aangebied. Die finaal, wat oor vier dae strek, word van 30 Julie tot 2 Augustus 2025 in die ZK Matthews-saal by UNISA in Pretoria aangebied.
In 2025 het ’n indrukwekkende 292 kore, wat meer as 20 000 hoër- en laerskoolleerders verteenwoordig, vir die kompetisie ingeskryf. Die ATKV-Applous-span, vergesel van ’n afvaardiging van Suid-Afrika se mees kundige en gesaghebbende koorbeoordelaars, het gedurende Mei na 18 bestemmings regoor Suid-Afrika en Namibië gereis met die doel om 40 topkore te identifiseer.
Volgens Renette Bouwer, beoordelaar van die landswye streeksfeeste, verhef ATKV-Applous Suid-Afrikaanse koorsang tot nuwe hoogtes. Sy sê voorts dat ander deelnemers aan internasionale koorkompetisies geïntimideerd is deur Suid-Afrikaanse kore danksy die hoë gehalte van koorsang wat deur ATKV-Applous aangespoor word.
Die volgende kore (in alfabetiese volgorde) dring deur na die ATKV-Applous-finaal:
Woensdag 30 Julie 2025
Laerskool: Ope
- Clarendon Primary School for Girls, Oos-Londen
- St. George’s Diocesan School, Windhoek
- Walvis Bay Gymnasium, Walvisbaai
Laerskool: Meriete Afrikaans
- Laerskool Hartenbos, Mosselbaai
- Laerskool Menlopark, Pretoria
- Laerskool Mooirivier, Potchefstroom
- Laerskool Totius, Wes-Kaap
Hoërskool: Ope
- Hatfield Christian School, Pretoria
- Hoërskool Jeugland, Kempton Park
- Hoërskool Pearson, Gqeberha
- Maranatha Christian School, Kempton Park
Donderdag 31 Julie 2025
Laerskool: Meriete (nie-Afrikaans)
- Laerskool van Riebeeckpark, Kempton Park
- Lesedi Primary School, Pretoria
- Newcastle Senior Primary School, Newcastle
Laerskool: Prestige
- Laerskool Durbanville, Durbanville
- Laerskool Elarduspark, Pretoria
- Laerskool Eversdal, Durbanville
- Laerskool Gene Louw, Durbanville
- Table View Primary School, Kaapstad
Vrydag 1 Augustus 2025
Hoërskool: Meriete Gemeng
- Benoni High School, Benoni
- Hatfield Christian School, Pretoria
- Rietondale High School, Pretoria
Hoërskool: Meriete Meisies
- Hoër Meisieskool Paarl, Paarl
- Hoërskool Ferrum, Newcastle
- Riebeek College Girls’ High School, Uitenhage
Hoërskool Meriete: Seuns
- Hoërskool Tygerberg, Parow
- Maritzburg College, Pietermaritzburg
- St. Alban’s College, Pretoria
Saterdag 2 Augustus 2025
Hoërskool: Prestige Gemeng
- Hoërskool Ferrum, Newcastle
- Hoërskool Menlopark, Pretoria
- Hoërskool Waterkloof, Pretoria
- Newcastle High School, Newcastle
Hoërskool: Prestige Meisies
- Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria
- Eunice High School, Bloemfontein
- Hoërskool Stellenberg, Durbanville
Hoërskool: Prestige Seuns
- Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
- Michaelhouse Chapel Choir, Balgowan
Kontak gerus vir Corneli Quinn, ATKV-Applous-projekorganiseerder, per e-pos by corneliq@atkv.org.za of telefonies by 011 919 9012, of vir Bessie Keun, ATKV-Applous-organiseerder, by bessie@applous.co.za of telefonies by 072 598 1480 vir enige navrae.
Vir meer inligting oor ATKV-Applous, besoek gerus die Applous-webblad by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/applous/.