ATKV-Applous 2025: Wenkore aangewys

ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika. Die finaal is vanjaar vir die 48ste keer aangebied en het vanaf 30 Julie tot 2 Augustus 2025 in die ZK Matthews-saal by Unisa in Pretoria plaasgevind.
Gedurende Mei het ATKV-Applous se streeksfeeste plaasgevind, en het die koorbeoordelaars na ’n fenomenale 292 kore geluister, wat meer as 20 000 hoër- en laerskoolleerders van regoor Suid-Afrika en Namibië verteenwoordig.
Die omvang van hierdie toonaangewende kompetisie is só verreikend en omvattend dat die finaal oor vier aande gestrek het. Uit die aanvanklike 292 kore is daar in 2025 uiteindelik 36 kore as finaliste uitgenooi, wat mekaar die stryd in elf kategorieë aangesê het.
ATKV-Applous sal ook binnekort die top-10- junior kore van 2025 bekendmaak.
Woensdag 30 Julie
Op Woensdag 30 Julie het tien kore in drie kategorieë om die louere meegeding, insluitend twee laerskoolkore van Namibië. Hierdie kategorieë is Laerskool-ope, Laerskool-meriete: Afrikaans en Hoërskool-ope. Benewens die kategoriewenners in elk van hierdie kategorieë, word sertifikate ook in die Laerskool-meriete: Afrikaans-kategorie oorhandig vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe lied, die beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie en die beste uitvoering van ’n Afrika-lied.
Die volgende kore stap met die louere weg:
- Laerskool-ope-wenners:
St George’s Diocesan School - Laerskool-meriete: Afrikaans-wenners:
Laerskool Mooirivier - Hoërskool-ope-wenners:
Hoërskool Pearson - Die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe lied:
Laerskool Mooirivier - Die beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie:
Laerskool Mooirivier - Die beste uitvoering van ’n Afrika-lied:
Laerskool Mooirivier
Donderdag 31 Julie
Op Donderdag 31 Julie het agt kore in twee kategorieë meegeding: Laerskool-meriete: nie-Afrikaans en Laerskool-prestige. Benewens die kategoriewenners in elk van hierdie kategorieë, is sertifikate ook in albei kategorieë oorhandig vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe lied, die beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie en die beste uitvoering van ’n Afrika-lied.
Die volgende kore stap met die louere weg:
- Laerskool-meriete: Nie-Afrikaans-wenners:
Lesedi Primary School - Laerskool-prestige-wenners:
Laerskool Durbanville - In die afdeling Laerskool-meriete: Nie-Afrikaans:
Die beste uitvoering van ’n Afrika-lied:
Laerskool Van Riebeeckpark Primary - Die beste uitvoering van die voorgeskrewe werk:
Lesedi Primary School - Die beste uitvoering van ’n Afrikaanse lied:
Lesedi Primary School - In die afdeling Laerskool-prestige:
Die beste uitvoering van ’n Afrika-lied:
Laerskool Table View Primary School - Die beste uitvoering van die voorgeskrewe werk:
Laerskool Durbanville - Die beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie:
Laerskool Eversdal
Vrydag 1 Augustus
Op Vrydag 1 Augustus het nege kore in drie kategorieë meegeding: Hoërskool-meriete: gemeng, Hoërskool-meriete: meisies en Hoërskool-meriete: seuns. Benewens die kategoriewenners in elk van hierdie kategorieë, is sertifikate ook oorhandig vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe lied, die beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie en die beste uitvoering van ’n Afrika-lied.
Die volgende kore stap met die louere weg:
- Hoërskool-meriete: gemeng-wenners:
Hatfield Christian School - Hoërskool-meriete: meisies-wenners:
Hoër Meisieskool Paarl - Hoërskool-meriete: seuns-wenners:
St Alban’s College - In die afdeling Hoërskool-meriete:
Beste uitvoering van ’n Afrika-lied:
Hoërskool Ferrum - Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk:
Hoër Meisieskool Paarl - Beste uitvoering van ’n Afrikaanse lied:
Maritzburg College
Saterdag 2 Augustus
Op Saterdag 2 Augustus het nege kore in drie kategorieë meegeding: Hoërskool-prestige: gemeng, Hoërskool-prestige: meisies en Hoërskool-prestige: seuns. Benewens die kategoriewenners in elk van hierdie kategorieë, is sertifikate ook oorhandig vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe lied, die beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie en die beste uitvoering van ’n Afrika-lied.
Die volgende kore stap met die louere weg:
- Hoërskool-prestige: gemeng-wenners (met cum laude):
Die Hoërskool Menlopark - Hoërskool-prestige: meisies-wenners (met cum laude):
Hoërskool Stellenberg - Hoërskool-prestige: seuns-wenners:
Afrikaanse Hoër Seunskool - In die afdeling Hoërskool-prestige:
Beste uitvoering van ’n Afrika-lied:
Hoërskool Ferrum - Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk:
Eunice High School - Beste uitvoering van ’n Afrikaanse lied:
Eunice High School
Volgens Corneli Quinn, ATKV-Applous-projekorganiseerder, is ’n skoolkoorkompetisie soos ATKV-Applous van sleutelbelang. Sy beklemtoon dat hierdie vooraanstaande kompetisie “hoë standaarde in klankuitvoering, musikaliteit en interpretasie inspireer. Kore word aangemoedig om hul tegniek te verfyn, met repertoire te eksperimenteer en saam te werk om gepoleerde optredes te lewer”.
Daarbenewens, sê Quinn, bevorder ’n kompetisie soos ATKV-Applous lewensvaardighede soos dissipline, deursettingsvermoë en spanwerk. Die koorlede leer verantwoordelikheid en veerkragtigheid. By ATKV-Applous word die kore ook aangemoedig om musiek in inheemse tale, tradisionele liedere én kontemporêre werke te sing. Sodoende word kulturele erfenis bewaar en gevier terwyl diversiteit en inklusiwiteit bevorder word.
Kontak gerus vir Corneli Quinn, ATKV-Applous-projekorganiseerder, per e-pos by corneliq@atkv.org.za of telefonies by 011 919 9012, of vir Bessie Keun, ATKV-Applous-organiseerder, by bessie@applous.co.za of telefonies by 072 598 1480 vir enige navrae.
Vir meer inligting oor ATKV-Applous, besoek gerus die ATKV-Applous-webblad by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/applous/.