ATKV-Applous kroon eerste gala-aand wenners
Vir bykans vyf dekades bied ATKV-Applous aan jong sangers die geleentheid om hul talent op een van Suid-Afrika se mees gesogte koorverhoë ten toon te stel. Die kompetisie vier nie net musikale uitnemendheid nie, maar dra ook by tot die ontwikkeling van dissipline, spanwerk, selfvertroue en lewenslange vriendskappe.
Die omvang van hierdie toonaangewende kompetisie is só verreikend en omvattend dat die finaal oor vier aande strek. Die eerste gala-aand het op 29 Julie plaasgevind, en die volgende kore stap met die louere weg:
Laerskool-meriete: Afrikaans
- Wenner: Laerskool Kenridge
- Naaswenner: Laerskool Kruinsig
- Derde plek: Laerskool Lynnwood
- Vierde plek: Laerskool Constantiapark
- Vyfde plek: Laerskool Menlopark
In die afdeling laerskool-meriete: Afrikaans is die volgende toekennings gemaak:
- Beste uitvoering van ’n Afrika-lied: Laerskool Kruinsig
- Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Laerskool Kenridge
- Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie: Laerskool Kenridge
Laerskool-ope
- Wenner: St. George’s Diocesan School
- Naaswenner: Laerskool Laeveld
Hoërskool-ope
- Wenner: Uitenhage High School
- Naaswenner: Bishop’s Diocesan School
- Derde plek: Hoërskool Generaal Hertzog
Die gewilde aanlyn stroming van al die finale konserte word vanjaar weer aangebied. Dit bied aan familie, vriende en ondersteuners wat nie die geleentheid het om die konserte in Kaapstad by te woon nie, die kans om steeds deel van die opwinding te wees. Of geliefdes nou in die buiteland woon of eenvoudig te ver van Kaapstad af is om te reis – hulle kan steeds elke optrede regstreeks beleef.
Kaartjies vir die aanlyn stroming is beskikbaar teen slegs R100 per konsert en kan hier gekoop word: https://concertdirectory.co.za/atkv