ATKV-Crescendo: Die Platformsessies wil mense bymekaar bring

ATKV-Crescendo gee vanjaar vir kunstenaars die geleentheid om ongeag musiekgenre en roem tydens Die Platformsessies hulle musiek te deel.
Die Platformsessies bestaan uit 15 kort episodes wat weekliks op digitale kanale gepubliseer sal word.
Die ATKV-Crescendo-orkes sal tydens elke episode gaskunstenaars – ATKV-Crescendo-finaliste en ’n bekende in die musiekbedryf – verwelkom.
Die Platformsessies ’n geleentheid vir kunstenaars om hul kuns ten toon te stel ongeag hulle gekose musiekgenre en of hulle al bekendheid verwerf het.
“Musiek is ’n universele taal wat mense bymekaar bring. Met Die Platformsessies wil ons vreugde, vrede en samehorigheid bring,” sê Robin Fourie, ATKV-Crescendo-ambassadeur en mentor.
Die Platformsessies word in trotse samewerking met Gallery 44 in Langstraat, Kaapstad aangebied.
Op Vrydag 30 April kan jy uitsien na Die EDNAs (ATKV-Crescendofinaliste 2019) se bekoorlike kabaretsatire en gaskunstenaars Amigo (ATKV-Crescendofinalis 2019), Malindi Burden (ATKV-Crescendofinalis 2017) en Verbodevrug (ATKV-Crescendofinalis 2019). Die spesiale gas vir die aand is Jerome Rex.
Kaartjies vir Die Platformsessies word teen R150 per persoon op Quicket verkoop en word. Deure open om 17:00 en die vertoning begin om 18:00.
Vir meer inligting kontak vir Morne van Staden by mornev@atkv.org.za.




