ATKV-Crescendo-finaal beloof talent sonder weerga
Vrydag 3 November is ’n baie spesiale aand vir die 13 deelnemers wat meeding om in 2024 aan die ATKV-Crescendo-mentorprogram te gaan deelneem.
Vyf deelnemers uit die Tuinroete sluit by ons aan en die talent is verstommend.
Kom ondersteun jou gunstelingdeelnemer by die Bravo Lounge in die Garden Route Casino teen slegs R60 per persoon. Besprekings kan gedoen word deur Quicket, of by die deur. Bespreek asseblief vroeg om teleurstelling te voorkom.
Drag: Semi-formeel
Tyd: 19:00
Kroeg- en restaurantfasiliteite is beskikbaar.
Die aand beloof om ’n luisterryke geleentheid te wees en word aangebied in samewerking met Petronel Baard, die Tuinroete-verteenwoordiger vir ATKV-Crescendo. Petronel noem die geleentheid “’n groot eer en vol sirkel”.
ATKV-Crescendo het oor die jare baie sangers op hul kreatiewe pad gelei en ondersteun – Petronel was self ’n deelnemer aan ATKV-Crescendo, nes die aand se eregas, Anneli van Rooyen. Wat ’n voorreg!
Anneli staan Petronel en Robin-Dean Fourie, die kursusleier vir ATKV-Crescendo, ook bekend as Die Hooflig, by om die finaliste aan te wys wat in 2024 aan die mentorprogram sal deelneem.
Die deelnemers is:
- Onblusbaar
- Yolyn Fortuin
- Crimson Hozay
- Cronic
- Janine Fourie Music
- Bea Crawford
- Frans Brits
- Ronel Potgieter
- Elzette Scott
- Aladin Tristen Buis
- Koos Louw
- Mia Holloway
- Andile Fak'u Citashe
Stef Kruger tree op as gaskunstenaar en aanbieder van dié spoggerige geleentheid.
Maak gereed vir ’n aand om te onthou, want ATKV-Crescendo is waar legendes gebore word.