ATKV-Debat 2026: Hier is die wenners!
Die ATKV-Debatsfinaal het op 3 Augustus by ATKV-Klein-Kariba plaasgevind, waar die land se topdebatspanne om die gesogte titel van die beste nasionale debatspan meegeding het.
Die ATKV belê in mense en die ATKV-Debatskompetisie bied ’n platform vir raakpraters om nie net nuwe vaardighede aan te leer nie, maar ook die toekoms met selfvertroue aan te pak.
Die junior spanne se voorstanders moes argumenteer dat skoolkinders ’n aktiewe rol in natuurbewaring moet speel, terwyl die teenstanders moes bewys dat skoolkinders nie ’n aktiewe rol in natuurbewaring moet speel nie.
Die senior spanne se voorstanders moes argumenteer dat Suid-Afrikaanse universiteite studente hoofsaaklik behoort voor te berei vir ’n professionele loopbaan, terwyl die teenstanders moes bewys dat Suid-Afrikaanse universiteite studente nie hoofsaaklik behoort voor te berei vir ’n professionele loopbaan nie.
Baie geluk aan al die wenners:
Hoërskool juniors
- Beste taalgebruiker: Divan van der Westhuizen (Afrikaanse Hoër Seunskool)
- Beste debatteerder: Ané Marais (Hoërskool Outeniqua)
- Derde plek: Franco le Roux, Francois du Plessis, Janos Versfeld (Paul Roos Gimnasium)
- Tweede plek : Lisa Burger, Jana Muller, Kara Goosen (Hoërskool Durbanville)
- Wenners: Hardus Ferreira, Reuben Loubser, Hendrik Botes (Afrikaanse Hoër Seunskool)
Hoërskool seniors
- Beste taalgebruiker: Angelique Myburgh (Hoërskool Durbanville)
- Beste debatteerder: Gerhard Nel (Hoërskool Witteberg)
- Derde plek: Angelique Myburgh, Genevieve Myburgh (Hoërskool Durbanville)
- Tweede plek: Anabelle Laubscher, Thiamé Hoffman (C&N Sekondêre Meisieskool Oranje)
- Wenners: Gerhard Nel, AJ Erasmus (Hoërskool Witteberg)
Baie dankie aan elke ATKV-Debatdeelnemer wat vanjaar in hierdie kompetisie hul slag gewys het!