ATKV-Debat: Hier is die nasionale wenners!
Die ATKV-Debatsfinaal het op 15 Augustus by ATKV-Klein-Kariba plaasgevind, waar die land se topdebatspanne om die gesogte titel van die beste nasionale debatspan meegeding het. Die ATKV belê in mense en met ’n platform soos ATKV-Debat word deelnemers toegerus met kernbelangrike vaardighede.
Die junior spanne se voorstanders moes in hul betoë argumenteer hoekom alle hoërskoolleerders ’n plaaslike Afrikataal moet aanleer, terwyl die teenstanders bewyse moes aanvoer vir hul standpunt dat alle hoërskoolleerders nie ’n plaaslike Afrikataal moet aanleer nie.
Geluk aan die wenners:
Beste taalgebruiker: Saskia Cloete van die Hoërskool Durbanville
Beste junior debatteerder: Juandré Gerber van die Afrikaanse Hoër Seunskool
Derdeplekwenners: Marx van Helsdingen, Jeandre van Zyl en Christiaan Fouché van Paul Roos Gimnasium
Naaswenners: Juandré Gerber, Christopher Jansen van Vuuren en Reuben Dreyer van die Afrikaanse Hoër Seunskool
Eerste plek: Saskia Cloete, Cayla Fourie en Anouk Gerber van die Hoërskool Durbanville
Die hoërskool seniors se onderwerpe was:
Voorstanders: Die gebruik van kunsmatige intelligensie in skole behoort aangemoedig te word.
Teenstanders: Die gebruik van kunsmatige intelligensie in skole behoort nie aangemoedig te word nie.
Geluk aan die wenners:
Beste taalgebruiker: Jacques Ferreira van die Afrikaanse Hoër Seunskool
Beste senior debatteerder: Delinda Quinot van die Hoër Meisieskool Bloemhof
Derdeplekwenners: Delinda Quinot en Gabbi Spammer van die Hoër Meisieskool Bloemhof
Naaswenners: Neil Grobbelaar en Jacques Ferreira van die Afrikaanse Hoër Seunskool
Eerste plek: Angelique Myburgh en Genevieve Myburgh van die Hoërskool Durbanville
Baie dankie aan elke ATKV-Debatdeelnemer wat vanjaar in hierdie kompetisie hul slag gewys het!