ATKV-Digi-Idiome 2026: Hier is die wenners!
ATKV-Digi-Idiome het vanjaar deelnemers uit alle ouderdomsgroepe uitgedaag om hul kennis van Afrikaanse sêgoed, idiome, spreekwoorde en vergelykings op ’n prettige digitale manier te toets. Van graad 4’s tot volwassenes het hul idioomspiere laat bult en gewys dat Afrikaans se ryk skatkis van gesegdes steeds springlewendig is.
Die maniere waarop idiome getoets is, het onder meer bestaan uit:
- ’n Afdeling waarin die deelnemers die idiome self moes voltooi.
- ’n Afdeling waarin die deelnemers die korrekte betekenis van die idiome moes kies.
- ’n Afdeling waarin die deelnemers die vergelykings self moes voltooi.
- ’n Afdeling waarin idiome en vergelykings gegee is en die deelnemers moes aandui of dit reg of verkeerd is.
Die wenners is bepaal deur die hoeveelheid korrekte antwoorde wat hulle gegee het. Indien twee deelnemers gelykop geëindig het, is die totale tyd waarin die antwoorde verskaf is, gebruik om die deelnemer se plek te bepaal.
Met net ’n rekenaar, tablet of slimfoon en ’n internetverbinding kon deelnemers hul vernuf ten toon stel – en nou is die wenners bekend.
Baie geluk aan elkeen wat in hierdie unieke kompetisie uitgestaan het!
|
Kategorie/Graad |
Naam en van |
Opvoedkundige instansie |
Totale persentasie |
Totale tyd |
|
Graad 4 en 5 |
Leane Mynhardt |
Curro Hermanus |
95,00% |
02:33:00 |
|
Graad 6 en 7 |
Xander Erasmus |
Laerskool Kenmare |
100,00% |
01:52:00 |
|
Graad 10 tot 12 |
Anke Cronje |
Hoërskool Louis Trichardt |
91,00% |
08:46:00 |
|
Volwassenes |
Rosan Oosthuizen |
|
91,00% |
02:19:00 |
Ontdek ’n kleurvolle kultuurspektrum onder die ATKV se DigiProjekte-sambreel. Daar is iets vir almal – die grootpraters, die kreatiewes, die taalboffins en selfs dié wat hulle nou in die buiteland bevind! Klik hier vir meer inligting oor ons DigiProjekte: https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/