ATKV-DigiGedigte 2026: Wenners is bekend!
ATKV-DigiGedigte, die ATKV se digitale kompetisie vir digters, is vanjaar vir die derde keer aangebied. Woordsmede is uitgenooi om hul poësie-pennevrugte vlerke te gee en verse rondom die volgende drie temas in te skryf:
- ’n Betekenisvolle gebeurtenis
- ’n Oomblik in tyd
- Liefde
Deelnemers kon binne sekere grense na gelang van die kategorie waarin hulle inskryf enige gedig vir beoordeling voorlê, solank dit oorspronklik is en die temas betrek.
Die kompetisie was oop vir deelnemers van graad 6 tot 12 (Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal), maar volwassenes kon ook hul beste poësie inskryf.
Die beoordelaar was van mening dat die groot aantal inskrywings van deelnemers van graad 6 tot volwassenes ’n besonder positiewe aanduiding van die kompetisie se groei en sukses is. Hoewel baie gedigte sterk uit persoonlike ervarings, emosies en herinneringe put, is digters aangemoedig om verder as die persoonlike te beweeg en temas op ’n meer universele wyse te verken.
Deelnemers is ook aangeraai om gereeld bronne soos die HAT en AWS te raadpleeg en noukeurig aandag aan taalversorging te gee.
Dit is ’n voorreg om die wenners van ATKV-DigiGedigte 2026 aan te kondig.
|
Graad 6 en 7, Afrikaans Huistaal |
|||
|
Deelnemer naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
|
Cara van Zyl |
Sandloper |
Unicorn Preparatory School |
A+ |
|
Graad 8 en 9, Afrikaans Huistaal |
|||
|
Deelnemer naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
|
Dané Scheepers |
Die wens wat jou gevind het. |
Hoërskool Robertson |
A+ |
|
Graad 10 tot 12, Afrikaans Huistaal |
|||
|
Deelnemer naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
|
Wernich Kassell |
Uit al die mense. |
Hoërskool Outeniqua |
A+ |
|
Graad 10 tot 12, Afrikaans Eerste Addisionele Taal |
|||
|
Deelnemer naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
|
Thabang Butale |
Onthou my. |
Kadzasha Butale |
B+ |
|
Volwassenes, Afrikaans Huistaal |
|||
|
Deelnemer naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
|
Celesti du Plessis |
Koue lakens. |
Hoërskool Outeniqua |
A |
|
Volwassenes, Afrikaans Eerste Addisionele Taal |
|||
|
Deelnemer naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
|
Clarise Haasbroek |
Ingeleef. |
N.v.t. |
A |
Baie geluk aan al die wenners!
Ontdek ’n kleurvolle kultuurspektrum onder die ATKV se DigiProjekte-sambreel. Daar is iets vir almal – die grootpraters, die kreatiewes, die taalboffins en selfs dié wat hulle nou in die buiteland bevind! Klik hier vir meer inligting oor ons DigiProjekte: https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/