ATKV-DigiKuns 2026: Hier is die wenners!
Die ATKV het vanjaar vir die sewende keer sy digitale kunskompetisie, ATKV-DigiKuns, met die tema “Droomwêreld”, aangebied. Die kreatiewe uitdrukking in die kompetisie het die beoordelaars weer stomgeslaan, en die wenners van dié kompetisie is nou bekend.
Meer oor die tema
Drome bestaan uit gedagtes, beelde en sensasies, en kan mooi, inspirerend of selfs nagmerries wees. Tog beteken droom ook om oor die toekoms te dink – oor ’n beroep, jou talente, of iets wat jy wil skep om die wêreld beter te maak.
Drome kan ook die idee van die toekoms voorstel. Mense droom oor sekere dinge wat hulle nog wil doen. Dalk droom jy oor wat jy alles met jou talente kan doen, of oor iets wat jy graag sal wil skep om van hierdie wêreld ’n beter plek te maak.
Daar is dagdrome – herinneringe aan Ouma se huis, haar kombuis of dalk die plaas waarheen julle graag gaan, of groot oomblikke soos jou eerste skooldag, matriekafskeid, troue of gradeplegtigheid.
’n Droom kan ook na ’n fisieke voorwerp verwys. Jy droom oor daardie spesiale speelding, ’n spogmotor, ’n pragtige huis of ’n byderwetse stuk tegnologie. Daar is ook die moontlikheid dat jy kan droom oor ’n nuwe uitvinding.
Drome vorm ’n wêreld in jou kop – ’n droomwêreld. Kunstenaars soos Salvador Dalí, Frida Kahlo, René Magritte, André Breton en Joan Miró het hul eie droomwêrelde verbeeld.
2026 se wenners
Die beoordelaars het in die volgende kategorieë wenners vir elke kunsmedium aangewys.
Illustrasie: Potlood-, houtskool- of pensketse
- Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Eben van Niekerk
Tema van kunswerk: Spirit animal, wolf - Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Mia Lessing
Tema van kunswerk: Droomwêreld - Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Christi Augustyn
Tema van kunswerk: Wêreld in majesteit van animasie... - Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Madison Govender
Tema van kunswerk: Iemand, maak my wakker, verloor jouself in jou obsessies
Skilder: Akrielverf, waterverf of olieverf
- Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Anke Roux
Tema van kunswerk: Lekkerland - Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Stella Spies
Tema van kunswerk: Geheime Hasiewoud - Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Diané Kriel
Tema van kunswerk: My dagdrome in ’n kinetiese wêreld - Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Kelsey-Jane Allison
Tema van kunswerk: Onderbewussyn, Droomland - Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Jennifer Liebenberg
Tema van kunswerk: Wanneer ’n droom waar word: ’n stil oomblik waar broosheid, hoop en ’n droom mekaar ontmoet. - Senior burgers: 60 jaar en ouer
Dawie Fourie
Tema van kunswerk: FACADE, FACADE
Collage
- Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Milané van der Walt
Tema van kunswerk: Utopia, St. Lucia 2025 - Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Rosaline Botha
Tema van kunswerk: Waar kinderharte vlieg - Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Tatum Verfuss
Tema van kunswerk: Waar ek wil wees, surfer en sonsondergang met gaatjieponspapiere - Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Michelle du Toit
Tema van kunswerk: My Calvinia, Die Noordwester Uitgewers - Senior burgers: 60 jaar en ouer
Una Marais
Tema van kunswerk: Die gewig van ’n veer. Drome van ’n vlug.
Beeldhouwerk
- Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Lucien Luiters
Tema van kunswerk: Ver in die hemelblou - Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Karlien Botha
Tema van kunswerk: Robot kan nog steeds droom
Fotografie
- Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Meghan Wolmarans
Tema van kunswerk: ’n Helm vol drome: My droomwêreld, perdry! - Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Chanique Steele
Tema van kunswerk: Waar drome begin - Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Kyla Eksteen
Tema van kunswerk: Die dans van bewegende drome - Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Klarissa Bezuidenhout
Tema van kunswerk: Into the smoke - Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Charlene du Plessis
Tema van kunswerk: As ons maar net nog een dag saam kon gehad het ... tyd het ons ontglip.
Oorspronklike digitale illustrasie
- Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Mia Harris
Tema van kunswerk: Kop tussen die boeke, Droomland - Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Lené van Lingen
Tema van kunswerk: Split, die droomtoestand wat die liggaam deurgaan wanneer ons slaap - Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Anica Dorfling
Tema van kunswerk: Dagdrome - Senior burgers: 60 jaar en ouer
Ronéll Lareman
Tema van kunswerk: Oneïrologie in ’n spieël
Gemengde media
- Ouderdomskategorie: 5 tot 8 jaar
Leon Marshal
Tema van kunswerk: Paradise Island - Ouderdomskategorie: 9 tot 12 jaar
Amelia Keyser
Tema van kunswerk: Diepseedroom - Ouderdomskategorie: 13 tot 16 jaar
Carmi Olivier
Tema van kunswerk: ’n Nag in my drome - Ouderdomskategorie: 17 tot 20 jaar
Sulize Kruger
Tema van kunswerk: Dagdroomparadys, meisie skryf skoolklere terwyl plante haar kreatiewe dagdroomwêreld voorstel. - Ouderdomskategorie: 21 tot 24 jaar
Anneline Erasmus
Tema van kunswerk: New Beginning - Ouderdomskategorie: Volwassenes – 25 tot 59 jaar
Tanja van Biljon
Tema van kunswerk: Deur die poort van drome - Senior burgers: 60 jaar en ouer
Linda Swart
Tema van kunswerk: Liefde, harmonie en vrede tussen rasse.
Die kykerskeuse-wenners is aangewys na aanleiding van stemme op ATKV-DigiKuns se aanlyn stemplatform – hier is die uitslae in die onderskeie mediums en kategorieë
|
Kunsmedium |
Ouderdomskategorie |
Naam en van |
Tema van die kunswerk |
|
Illustrasie: Potlood- houtskool- of pensketse |
9 tot 12 jaar |
Adrian van Jaarsveld |
Die droomwagter |
|
Skilder, verf, akriel, waterverf of olieverf |
9 tot 12 jaar |
Miela Vosloo |
Droomprins |
|
Collage |
9 tot 12 jaar |
Milané van der Walt |
Utopia, St. Lucia 2025 |
|
Beeldhouwerk |
13 tot 16 jaar |
Ella Grey |
Droompoppie, Droomwêreld |
|
Fotografie |
Volwassenes: 25 tot 59 jaar |
Bianca Bronkhorst |
’n Sprokie onder sterstof en sampioene |
|
Oorspronklike digitale illustrasie |
9 tot 12 jaar |
Cameron Griffith |
Diere in die wildtuin, renosters |
|
Gemengde media |
13 tot 16 jaar |
Leandré Coetzee |
My dreams are just dreams, Droomwêreld |